Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "onvertaalde teleks" deur ANTJIE KROG
Uit "onvertaalde teleks" deur ANTJIE KROG [boodskap #15345] Sa, 30 Mei 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit "onvertaalde teleks"
Antjie Krog

die bolandse herfs word nou eers myne
met die winterreëns wat dae al oor die dakke skif
en snags slaap ek weer alleen
die kraanvoëlblom blits druppels in die tuinhoek rond
vaal vogtige veertjies tussen die dooie kannas in
nog babalaas van die jaar se dop
roes plek-plek ranonkelrooi
die wingerde in die reën
die nat stamme trek bakkoppie onder oulaas blare in
en snags slaap ek weer alleen

langs die uitgeswelde rame groei voetkombersies
en mossige oulappe teen die eike
ons mymer saam oor die legkaart van blare
my oë het skielik vat gekry
met herfsklawer bottend in die kaal boorde
met gladde vel kieliekaal reën aan wit koejawels
alles behoort nou
en die herfs word skielik myne

- net soms nog die helder gil van lemoene tussen
droefgroen blare.....
Vorige onderwerp: " i roeiboot dryf af..." deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: "Skakeringe van Blou" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 05:31:25 MGT 2024