| alte [boodskap #149202] |
Ma., 18 Augustus 2025 18:20  |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27024 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
alte
Afbreking: al•te
Samestelling: al + te
Bywoord: alte
Betekenis:
• Versterking van te: "baie", "danig", "glad te" of "tog te".
Gebruik:
• Dis alte lekker!
• Dit is maar alte waar.
• Ons sal alte graag help.
Spreekwoord:
• Alte goed is andermansgek. [As jy te goedhartig is, word jy bespot.]
Vertaling:
Engels: too, only too
Nederlands: alte
Selfstandige naamwoord: alt
Meervoud: alte
Betekenis:
• Meervoud van alt ('n lae vrouestem, of 'n vrou met so 'n stem).
Gebruik:
• Hoeveel alte sing in die koor?
Vertaling:
Engels: altos
Nederlands: alten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 04 November 2026 09:58] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|
| Re: alte [boodskap #153449 is 'n antwoord op boodskap #149202] |
Wo., 04 November 2026 09:55  |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27024 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
Is dit "al te lekker" of "alte lekker"?
Die regte vorm is "(al)te lekker".
"Alte" is 'n versterking van "te".
"Al te" beteken "reeds te" of "alreeds te".
|
|
|
|