Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » 'n Woord wat hier kortkom (Chiasties of chiasmies?)
'n Woord wat hier kortkom [boodskap #153430] Ma., 02 November 2026 13:44 na volgende boodskap
Zentie  is tans af-lyn  Zentie
Boodskappe: 3
Geregistreer: Oktober 2026
Junior Lid
Sommige mense gebruik chiasties, ander chiasmies, maar dit is onduidelik wanneer watter woord gebruik moet word. Hier is 'n kort beskrywing van die Engels, direk vertaal, vanaf Wikipedia:
'n Chiastiese struktuur, of chiastiese patroon, is 'n literêre tegniek wat in narratiewe motiewe en ander tekstuele gedeeltes voorkom. 'n Voorbeeld van 'n chiastiese struktuur is wanneer twee idees, A en B – tesame met variante A' en B' – aangebied word in die volgorde A, B, B', A'. Chiastiese strukture wat uit meer komponente bestaan, word soms "ringstrukture" of "ringkomposisies" genoem.
Re: 'n Woord wat hier kortkom [boodskap #153431 is 'n antwoord op boodskap #153430] Ma., 02 November 2026 14:20 Na vorige boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27017
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Die Universiteit Stellenbosch se Gewysigde Paramediese Vakwoordeboek lys chiasmies met die betekenis 'oorkruis; met betrekking tot 'n chiasma'. Daarteenoor lys die WAT slegs chiasties, met dieselfde betekenis.

Ek vermoed chiasties korreleer met die Engelse chiastic, terwyl chiasmies korreleer met die minder algemene Engelse wisselvorm chiasmic.

Ek sal later 'n inskrywing waag.
Vorige onderwerp: Afrikaans vir "aerial view"
Volgende onderwerp: Beter Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Nov. 03 20:51:13 UTC 2026