Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » orraait
orraait [boodskap #153393] Do., 29 Oktober 2026 15:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27017
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
orraait
Afbreking: or•raait


Byvoeglike naamwoord: orraait
Attributief: orraait

Betekenis:
• (informeel) Wat goed of aanvaarbaar is, maar nie noodwendig besonder goed nie.

Gebruik:
• Die fliek was orraait, maar niks besonders nie.
• Hy is 'n orraait ou.

Wisselvorm:
• ôraait

Sinoniem:
• aanvaarbaar
• OK (informeel)
• oukei (informeel)
• redelik
• skaflik

Vertaling:
Engels: alright, fairly well, okay
Nederlands: redelijk, acceptabel


Tussenwerpsel: orraait

Betekenis:
• (informeel) Dui instemming of goedkeuring aan: reg so!

Gebruik:
• Orraait, ek sal jou môre by die skool ontmoet.

Sinoniem:
• OK (informeel)
• oukei (informeel)
• reg

Vertaling:
Engels: alright, okay
Nederlands: oké, in orde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hermeng
Volgende onderwerp: verhoogspan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Nov. 03 20:51:01 UTC 2026