Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » omdop
omdop [boodskap #153328] Vr., 23 Oktober 2026 17:51
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26909
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
omdop
Afbreking: om•dop
Samestelling: om + dop


Werkwoord: dop om, omdop
Verlede tyd: het omgedop
Teenwoordige deelwoord: omdoppend, omdoppende
Verlede deelwoord: omgedopte

Betekenis:
• Om te draai sodat die binnekant buitentoe en die buitekant binnetoe wys.
• Om te kantel sodat die onderkant boontoe en die bokant ondertoe wys.
• (figuurlik) Om dood te gaan.

Gebruik:
• Die pasiënt word flou en sy oë dop skielik om.
• Die sterk wind het die boot omgedop.
• Is wil nog oorsee gaan voordat ek eendag omdop.

Sinoniem:
• omdraai
• omkantel
• omkap
• omkeer
• omval
• omslaan
• omverwerp

Afgelei:
• omdopping

Vertaling:
Engels: to turn inside out; to turn upside down, capsize; to die
Nederlands: binnenstebuiten keren; ondersteboven keren; doodgaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr., 23 Oktober 2026 17:52]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: indringing
Volgende onderwerp: kalmerend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Okt. 23 18:06:26 UTC 2026