| agteros [boodskap #153251] |
Do., 15 Oktober 2026 11:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26862 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
agteros
Afbreking: ag•ter•os
Samestelling: agter + os
Selfstandige naamwoord: agteros
Meervoud: agterosse
Betekenis:
• 'n Os wat agter in 'n span trekosse loop.
Gebruik:
• Die skerpsinnige osse wat bevele gehoorsaam, word voor ingespan, terwyl die sterk, betroubare osse as agterosse gebruik word.
Spreekwoord:
• Agteros kom ook in die kraal. [Dié wat stadig vorder of laat is, bereik uiteindelik ook hul doel.]
Sinoniem:
• laatkommer
Antoniem:
• vooros
Hiponiem:
• haaragteros
• haarnaasagteros
• hotagteros
• hotnaasagteros
• naasagteros
Afgelei:
• agterossambok
• agterossweep
• agterosjuk
Vertaling:
Engels: hind-ox, rear ox; slowcoach, laggard
Nederlands: achterste os; achterblijver, treuzelaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Vr., 16 Oktober 2026 06:18] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|