| verhewenheid [boodskap #153109] |
Do., 01 Oktober 2026 17:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26706 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
verhewenheid
Afbreking: ver•he•wen•heid
Samestelling: verhewe + -n- + -heid
Selfstandige naamwoord: verhewenheid
Meervoud: verhewenhede
Betekenis:
• Die toestand of eienskap van verhewe wees; fisies hoër of met 'n hoër vlak of rang (beter as die normale).
Gebruik:
• Die kasteel is op 'n verhewenheid in die terrein gebou.
• Die mens is nietig in vergelyking met God se absolute verhewenheid, gesag en heerskappy.
Wisselvorm:
• verhewendheid
Sinoniem:
• bult
• heuwel
• hoogte
• knop
• platform
• uitsteeksel
• edelheid
• grootsheid
• heiligheid
• majesteit
• prestige
Antoniem:
• laagheid
• platvloersheid
Vertaling:
Engels: exaltedness, sublimity
Nederlands: verhevenheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|