| storieverteller [boodskap #153080] |
Di., 29 September 2026 09:12 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26824 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
storieverteller
Afbreking: sto•rie•ver•tel•ler
Samestelling: storie + verteller
Selfstandige naamwoord: storieverteller
Meervoud: storievertellers
Betekenis:
• Iemand wat 'n storie of stories vertel.
• (figuurlik) 'n Persoon wat jok of leuens vertel.
Gebruik:
• My oupa was 'n uitstekende storieverteller wat die kinders op die punte van hul stoele laat sit het.
• Hy is 'n storieverteller en 'n mens weet nie altyd of hy die waarheid praat nie.
Sinoniem:
• verhaler
• verteller
• leuenaar
Afgelei:
• storievertelling
Vertaling:
Engels: storyteller
Nederlands: verhalenverteller
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|