Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » guerrilla
guerrilla [boodskap #152836] Do., 10 September 2026 09:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26489
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
guerrilla
Afbreking: guer•ril•la


Selfstandige naamwoord: guerrilla
Meervoud: guerrillas

Betekenis:
• 'n Soldaat van 'n klein, gewapende groep wat teen 'n regering of weermag veg, meestal deur verrassingsaanvalle en hinderlae te loods.

Gebruik:
• Die guerrillas probeer om die regering omver te werp.

Wisselvorm:
• guerilla (verouderd)

Sinoniem:
• saboteur
• terroris
• vryheidsvegter

Afgelei:
• guerrilla-aanval
• guerrilla-oorlog
• guerrillabende
• guerrillakryg
• guerrillaleier
• guerrillasoldaat
• guerrillastryd
• guerrillastryder
• guerrillataktiek
• guerrillaveldtog

Vertaling:
Engels: guerrilla
Nederlands: guerrilla

Nota:
• Moenie "guerrilla" met "gorilla" (die mensaap) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr., 11 September 2026 06:12]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: bergskilpad
Volgende onderwerp: klipsteenhard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Sep. 14 21:33:08 UTC 2026