| mishoop [boodskap #152777] |
So., 06 September 2026 15:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26510 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
mishoop
Afbreking: mis•hoop
Samestelling: mis + hoop
Selfstandige naamwoord: mishoop
Meervoud: mishope
Betekenis:
• 'n Hoop mis, veral dieremis wat versamel en tot kompos afgebreek word.
Gebruik:
• 'n Miskruier rol 'n bol mis van die mishoop af.
• Sout kan as ontsmettingsmiddel op mishope gegooi word as dit te veel stink.
Spreekwoord:
• 'n Orkaan in 'n mishoop. ['n Groot gedoente oor niks.]
• Elke haan is koning op sy eie mishoop. [Elkeen wil op sy eie gebied baas wees.]
• Twee hane op een mishoop. [Gesamentlike besit lei dikwels tot twis tussen mense.]
• Hoe kleiner die haan hoe groter die mishoop. [Grootdoenerig wees sonder rede daarvoor.]
Vertaling:
Engels: manure heap, dung heap, dunghill
Nederlands: mesthoop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|