| horingdroog [boodskap #152763] |
Di., 01 September 2026 09:07 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26357 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
horingdroog
Afbreking: ho•ring•droog
Samestelling: horing + droog
Byvoeglike naamwoord: horingdroog
Attributief: horingdroog, horingdroë
Betekenis:
• Intensiewe vorm van droog: baie droog; heeltemal droog.
Gebruik:
• Ná die lang droogte was die damme horingdroog.
Sinoniem:
• beendroog
• kurkdroog
• poeierdroog
• stikdroog
Antoniem:
• druipnat
• papnat
• sopnat
Vertaling:
Engels: bone-dry, dry as dust
Nederlands: kurkdroog
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 01 September 2026 09:09] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|