| opkrop [boodskap #152722] |
So., 30 Augustus 2026 08:17 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26510 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
opkrop
Afbreking: op•krop
Samestelling: op + krop
Werkwoord: opkrop, krop op
Verlede tyd: het opgekrop
Teenwoordige deelwoord: opkroppend, opkroppende
Verlede deelwoord: opgekropte
Betekenis:
• Om gevoelens en emosies te onderdruk en nie uiting daaraan te gee nie.
Gebruik:
• Praat oor jou probleme eerder as om alles op te krop.
• Sy het haar woede opgekrop en uiteindelik in trane uitgebars.
Sinoniem:
• beteuel
• inhou
• onderdruk
• ophoop
• terughou
• verswyg
Antoniem:
• uitbars
• uitpraat
Vertaling:
Engels: to bottle up, suppress, repress
Nederlands: opkroppen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|