| vraatkyk [boodskap #152557] |
Ma., 17 Augustus 2026 14:10 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26389 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
vraatkyk
Afbreking: vraat•kyk
Samestelling: vraat + kyk
Werkwoord: vraatkyk
Verlede tyd: het gevraatkyk
Betekenis:
• Om 'n klomp rolprente, programme of episodes reg agtermekaar te kyk.
Gebruik:
• Die voordeel van vraatkyk is dat daar nie onderbrekings en advertensies is om jou aandag af te lei nie.
• Ons het die naweek gevraatkyk en die hele reeks klaargemaak.
Sinoniem:
• fuifkyk
• kettingkyk
• marathonkyk
Afgelei:
• vraatkyker
• vraatkykery
• vraatkykplesier
Vertaling:
Engels: to binge-watch
Nederlands: bingekijken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|