| towerwoord [boodskap #152265] |
So., 19 Julie 2026 07:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25878 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
towerwoord
Afbreking: to•wer•woord
Samestelling: tower + woord
Selfstandige naamwoord: towerwoord
Meervoud: towerwoorde
Verkleinwoord: towerwoordjie
Meervoud van verkleining: towerwoordjies
Betekenis:
• 'n Woord (soos abrakadabra of siemsalabiem) wat iets laat gebeur of waarmee iets of iemand getoor word.
Gebruik:
• Die heks het die prins met 'n enkele towerwoord in 'n padda verander.
• Die belangrikste towerwoorde wat 'n kind kan leer is "asseblief" en "dankie".
Wisselvorm:
• toorwoord
Verwant:
• inkantasie
• towerspreuk
Vertaling:
Engels: magic word, spell
Nederlands: toverwoord
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So., 19 Julie 2026 08:09] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|