| verleidend [boodskap #152108] |
Sa., 04 Julie 2026 09:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25940 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verleidend
Afbreking: ver•lei•dend
Samestelling: verlei + -end
Byvoeglike naamwoord: verleidend
Attributief: verleidende
Betekenis:
• Wat 'n mens verlei (verkeerd lei of laat toegee).
Gebruik:
• Sy klop die plek langs haar op die rusbank en glimlag verleidend vir hom.
• Die verleidende geur van varsgebakte brood het hom na die kombuis gelok.
Sinoniem:
• aanmoedigend
• bekorend
• verleidelik
• verlokkend
• versoekend
Vertaling:
Engels: seducing, tempting
Nederlands: verleidend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van die werkwoord verlei.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|