| Egbreuk t.o. Egbreek [boodskap #150469] |
Wo., 10 Desember 2025 02:07  |
 |
Eendjie
Boodskappe: 1 Geregistreer: Desember 2025
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
|
Wat is die verskil tussen egbreuk en egbreek? Ek kry die definisie van egbreuk, maar nie ene vir egbreek nie.
|
|
|
|
| Re: Egbreuk t.o. Egbreek [boodskap #150470 is 'n antwoord op boodskap #150469] |
Wo., 10 Desember 2025 06:10  |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24121 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Egbreuk is 'n selfstandige naamwoord en egbreek is 'n werkwoord.
egbreuk (s.nw.)
Jy mag nie egbreuk pleeg nie.
egbreek (ww.)
Jy mag nie egbreek nie.
Dis soortgelyk aan "adviseur" (s.nw.) en "adviseer" (ww.), rapporteur (s.nw.) en rapporteer (ww.), asook programmeur (s.nw.) en programmeer (ww.).
|
|
|
|