Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Muti-moorde: 'n Nie-rassige beskouiing
Muti-moorde: 'n Nie-rassige beskouiing [boodskap #14990] Wo, 20 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
SizweBanzi  is tans af-lyn  SizweBanzi
Boodskappe: 44
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
Muti-moorde het die afgelope week of wat 'n besprekingspil gevorm waarom talle
lesers hul bydraes drapeer het. Hierdie bydraes, egter, het ver tekort geskiet
waar dit 'n insiggewende en ingrypende begrip van die verskynsel aangaan.
Sekere stellings het duidelik hul energie verkry vanaf stereotipering,
sensasionele- en feitelike onkunde, terwyl ander beredeneerd gebore was uit 'n
slinkse rassistiese agenda wat dit ten doel had om Swartes gelyk te stel aan
barbarisme.

'n Meer volledige begrip van muti-moorde kan egter slegs plaasvind met
inagneming van die religieuse en geestelike raamwerk waarin dit vorm vind. In
hierdie opsig bemerk ons 'n tendens wat oor verskeie godsdienstige
verwysingsrame plaasvind. Haas elke godsdiens of geestelike oortuiging bevat
'n mitiese, magiese skadukant. In sommige gevalle (bv. Judaisme) is die
verwantskap tussen die kern en die magiese boetie heel hoflik en verdraagsaam,
terwyl ander gelowe (bv. hindoeisme) hierdie skaduwee sien as 'n perverse
bal-en-ketting. Die Kabbalah, egter, definieer nie Judaisme nie, en is nie
gelyk daaraan nie. Die Shiva-kult definieer nie Hindoeisme nie, nog minder
Hindoes. Voodoo behels eerstens duidelike geestelike beginsels en nie Marie
Laveau met 'n sensasionele slang om haar nek nie. Hekse, sataniste, en
druidiese demone verteenwoordig, in die Christelike psige, 'n perversie van die
riglyne wat die geloof in stand hou. Towernary in Islam leef op die periferie
van die vyf pilare, al is dit integraal deel van sommigge mense se "folk
religion".

Dieselfde met muti-moorde. Geen Sangoma word opgelei om ander dood te maak
nie. Geen Inheemse- of Eerste Nasie Amerikaanse Shaman sien die bose Kachina
as sentrale seening nie. Die natuurgebonde panteisme (of animisme, soos
sommigges hier dit sou noem) behels weliswaar 'n streng kode wat alle vorme van
lewe verheerlik. Muti-moorde is dan, net soos satanistiese offers, 'n
perversie van die kern-geloof. Hierdie praktyk behoort dus aktief besweer te
word, en nie noodwendig vir sy aberrante verwantskap tot die kernparadigma nie,
maar veral omdat dit lewens brutaal ontneem.

Wanneer ons dan muti-moorde veroordeel, behoort ons dit te doen vanuit ons
begrip daarvan as aberrante perversie, en nie as karakteriserend van Swartes of
hul geloof nie. Inderdaad, wanneer 'n Hindoe gelykgestel word aan
bloeddorstige Shiva-offers, 'n Jood aan Kabbalese towernary, 'n Muslim aan
Fetish-mantras, of selfs 'n Christen aan die "magte van die duisternis", grens
dit amper altyd aan vooroordeel, stereotipe, rassisme, en etnosentrisme.

Dis teleurstellend dat so baie van julle hier jul so geredelik vergryp aan 'n
verduideliking wat komplekse kultuur en menswees afwater tot simplistiese
rassisme. Na 300 jaar as bure weet julle niks en nog minder van ons wel en
wee, en verkies julle oenskynlik om die volgende 300 jaar met dieselfde
insulere beskouiinge tegemoet te gaan. Heitsi-Eibib help ons.

Sizwe
Re: Muti-moorde: 'n Nie-rassige beskouiing [boodskap #15024 is 'n antwoord op boodskap #14990] Do, 21 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SizweBanzi  is tans af-lyn  SizweBanzi
Boodskappe: 44
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
> "Leendert van Oostrum"

> Gaan jy, "sizwe?, die hoë voorkoms van mutimoorde - op watter gronde ookal,
> veroordeel,

Maar ek het dan reeds die voorkoms van mutimoorde veroordeel (oor "hoe"
voorkoms laat ek my nie uit alvorens ek meer presiese data het nie).

> en gaan jy Mandela se selektiewe hantering daarvan veroordeel?

Dis jou persepsie - en as daar een ding is wat ek aan die hand van jou bydraes
hier geleer het, is dit dat daardie persepsie merendeels verwronge is en 'n
spesifieke apartheidsagenda meedra. Dus het ek 'n paar mense (wat nie 'n
rassistiese belang in die data het nie) in suid-afrika gevra om bietjie
navorsing te doen oor die "hantering" van muti-moorde. Ek weet egter dat
enige data glad nie jou persepsie sal temper nie. Jy sal net iets nuuts soek
om President Mandela mee te kasty - of sy "hantering" van verkeersprobleme in
die Kaapse middestad, of sy "hantering" van godsdiens of sy "hantering" van sy
eie kleredrag en so meeer en so meer. Weliswaar is dit wat jy gewoonlik doen -
bykans alle pos hier word in jou hand so omvorm om terug te skuifel na
President Mandela aan wie jy duidelik 'n broertjie dood het.
Re: Muti-moorde: 'n Nie-rassige beskouiing [boodskap #15025 is 'n antwoord op boodskap #14990] Do, 21 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 20 May 1998 20:06:47 GMT, sizwe...@aol.com (SizweBanzi) wrote:

> Muti-moorde het die afgelope week of wat 'n besprekingspil gevorm waarom talle
> lesers hul bydraes drapeer het. Hierdie bydraes, egter, het ver tekort geskiet
> waar dit 'n insiggewende en ingrypende begrip van die verskynsel aangaan.
> Sekere stellings het duidelik hul energie verkry vanaf stereotipering,
> sensasionele- en feitelike onkunde, terwyl ander beredeneerd gebore was uit 'n
> slinkse rassistiese agenda wat dit ten doel had om Swartes gelyk te stel aan
> barbarisme.
>
> 'n Meer volledige begrip van muti-moorde kan egter slegs plaasvind met
> inagneming van die religieuse en geestelike raamwerk waarin dit vorm vind.

Drappeer dit in die mooiste fluweel wat jy kan koop ... jy kan die
gruwel daarvan nie verdoesel nie.

As jy jou eie redenasie sou volg, kan die ver regses in SA maar soveel
swartes doodslaan as hulle wil, solank as wat ons hulle religieuse en
geestelike raamwerk in ag neem ....
Re: Muti-moorde: 'n Nie-rassige beskouiing [boodskap #15026 is 'n antwoord op boodskap #14990] Do, 21 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
SizweBanzi wrote in message
...

> Wanneer ons dan muti-moorde veroordeel, behoort ons dit te doen vanuit ons
> begrip daarvan as aberrante perversie, en nie as karakteriserend van Swartes of
> hul geloof nie.

Ons hoef nie een van die twee te doen nie.

Ons kan (en moet) dit veroordeel as die misdaad wat dit is.

Die probleem kom wanneer die ANC se staatshoof die skietdood van 'n swart
kind aan die hand van 'n wit man uitbuit om daar 'n internasionale
mediasirkus van te maak terwyl hy oënskynlik geen aandag gee aan die veel
groter getal slagoffers van mutimoorde nie.

Gaan jy, "sizwe?, die hoë voorkoms van mutimoorde - op watter gronde ookal,
veroordeel, en gaan jy Mandela se selektiewe hantering daarvan veroordeel?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Muti-moorde: 'n Nie-rassige beskouiing [boodskap #15027 is 'n antwoord op boodskap #14990] Do, 21 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SizweBanzi  is tans af-lyn  SizweBanzi
Boodskappe: 44
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
> (Johan N Potgieter)

> Drappeer dit in die mooiste fluweel wat jy kan koop ... jy kan die
> gruwel daarvan nie verdoesel nie.
> >As jy jou eie redenasie sou volg, kan die ver regses in SA maar soveel
> swartes doodslaan as hulle wil, solank as wat ons hulle religieuse en
> geestelike raamwerk in ag neem ....
>

Ag tog Johan, lees maar my pos weer - ek voel nou soos die onderwyser wat 'n
ding soveel keer verduidelik het, maar dit wil net nie deurdring nie. Ek het
nog nooit muti-moorde in "die mooiste fluweel" drapeer nie, nog minder die
gruwel daarvan verdoesel. Inteendeel, ek se dan juis dat dit in die sterkste
terme besweer moet word. Nou watter deel van my pos het jy nie verstaan nie.
En nee, die ver regses wat ander doodslaan spruit glad nie uit my redenasie
nie. Weer eens, lees die pos weer of vra iemand anders om dit te lees en dan
aan jou te verduidelik - ek het nie die geduld daarvoor nie.
Re: Muti-moorde: 'n Nie-rassige beskouiing [boodskap #15080 is 'n antwoord op boodskap #14990] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 21 May 1998 13:25:22 GMT, sizwe...@aol.com (SizweBanzi) wrote:

> Ag tog Johan, lees maar my pos weer - ek voel nou soos die onderwyser wat 'n
> ding soveel keer verduidelik het, maar dit wil net nie deurdring nie. Ek het
> nog nooit muti-moorde in "die mooiste fluweel" drapeer nie, nog minder die
> gruwel daarvan verdoesel.

Ek het op hierdie deel reageer: (ek haal aan):

Muti-moorde het die afgelope week of wat 'n besprekingspil gevorm
waarom talle
lesers hul bydraes drapeer het. Hierdie bydraes, egter, het ver
tekort geskiet
waar dit 'n insiggewende en ingrypende begrip van die verskynsel
aangaan.
Sekere stellings het duidelik hul energie verkry vanaf stereotipering,
sensasionele- en feitelike onkunde, terwyl ander beredeneerd gebore
was uit 'n
slinkse rassistiese agenda wat dit ten doel had om Swartes gelyk te
stel aan
barbarisme.

'n Meer volledige begrip van muti-moorde kan egter slegs plaasvind met
inagneming van die religieuse en geestelike raamwerk waarin dit vorm
vind.
Re: Muti-moorde: 'n Nie-rassige beskouiing [boodskap #15081 is 'n antwoord op boodskap #14990] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
SizweBanzi wrote in message
...
>> "Leendert van Oostrum"

>> en gaan jy Mandela se selektiewe hantering daarvan veroordeel?

> Dis jou persepsie - en as daar een ding is wat ek aan die hand van jou bydraes
> hier geleer het, is dit dat daardie persepsie merendeels verwronge is en 'n
> spesifieke apartheidsagenda meedra. Dus het ek 'n paar mense (wat nie 'n
> rassistiese belang in die data het nie) in suid-afrika gevra om bietjie
> navorsing te doen oor die "hantering" van muti-moorde.

Die feit dat jy iemand in Suid-Afrika moet vra om navorsing te doen oor die
"hantering" van mutimoorde demonstreer juis dat dit anders "hanteer" word as
die geval Angelina. Want jy kan in die internasionale media die inligting
kry dat Mandela van Angelina 'n politeke en media-sirkus gemaak het.

Dus: as mutimoorde op dieselfde wyse "hanteer" is as die geval Angelina, sou
jy dit op jou eie TV-skerm kon sien.

> Ek weet egter dat
> enige data glad nie jou persepsie sal temper nie. Jy sal net iets nuuts soek
> om President Mandela mee te kasty - of sy "hantering" van verkeersprobleme in
> die Kaapse middestad, of sy "hantering" van godsdiens of sy "hantering" van sy
> eie kleredrag en so meeer en so meer.

Wel, Mandela het persoonlik - op koste van die belastingbetaler na die
toneel gevlieg waar Angelina dood is om te sorg dat die ding 'n happening in
die media word. Dit was nie nodig om na sy verbintenis daarmee te "soek"
nie.

> Weliswaar is dit wat jy gewoonlik doen -
> bykans alle pos hier word in jou hand so omvorm om terug te skuifel na
> President Mandela aan wie jy duidelik 'n broertjie dood het.

Nee wat. Ek het aanvanklik nogal gedink Mandela is heel respektabel. En
miskien was hy. Dis maar in die afgelope jaar of drie dat hy al meer bewyse
lewer dat hy nog nie die plannetjies laat vaar het wat hy in die
vyftigerjare gekoester het om die nie-swart bevolking te verwyder uit die
samelewing nie.
Vorige onderwerp: Kimberley se groot gat
Volgende onderwerp: Re: Visum vir Australie en gasvryheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 08:10:08 MGT 2024