Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Visum vir Australie en gasvryheid
Re: Visum vir Australie en gasvryheid [boodskap #15047] Vr, 22 Mei 1998 00:00
lkool  is tans af-lyn  lkool
Boodskappe: 10
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
Vertel my van die Suid-Afrikaners wat ander Suid-Afrikaners in 'n ander land
misbruik!!! Gister het 'n familie van 3 ons "hotel" verlaat na 6 weke! En hulle
was nie eers ons vriende in Suid Afrika nie. Het wel $700 (Cdn) betaal, maar dit
het nie eers hulle kos betaal vir die 6 weke. Hulle is blerrie yuppies wat die
geld het om te betaal maar misbruik ander se gasvryheid! Het ook net gesit en
gewag dat kos, koffie, ens, gemaak word, sonder om te help. Spoilt brats. Dit is
die laaste Suid-Afrikaners wat ons help. 'N mens wil nie geld maak uit nuwe
emigrante, maar die goedkopste hotel hier kos $45-00 per aand, sonder kos,
e-mail, klerewas/stryk, telefoon, transport, ens... Dit is net goeie maniere om
vir jou gasheer te vergoed vir sy extra moeite.
Ons het ons les geleer en waarsku ander Suid-Afrikaners: as jy nuwe SA emigrante
wil help (of die LSD groepe), voordat hulle by die lughawe aankom, maak seker
dat hulle weet hoeveel dit gaan kos om by julle te bly terywl hulle hulle voete
vind in 'n nuwe land!
'n ex-gasheer in Canada
>
Onrusstoker wrote:

> nomad@rest.oasis wrote:
>
>> Ek sit hier oorkant die Tasman maar is nie lus om te gaan kuier (vir julle
>> langnaweek in Junie) as ek WEER 'n visa moet kry nie.
>> In elk geval, dankie.
>
> Skies as ek ongeskik geklink het,
> maar ek is al moeg vir al die windgat yuppies wat wil emmigreer
> net oor dit hul sak pas, en aan niks anders dink nie.
> Hier is ook al baie stories van sulkes wat hier aankom en dan
> kom hulle nog verniet verblyf soek by ex-Suid Afrikaners
> en misbruik sommer hul gashere se telefoon vir duur internasionale
> oproepe.
>
> Daar is nie baie van hulle nie, maar net 'n paar is genoeg om
> 'n gat te maak van die goeie naam wat Suid Afrikaners het.
Vorige onderwerp: Muti-moorde: 'n Nie-rassige beskouiing
Volgende onderwerp: MAAK DOOD DIE PLAKKER!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:34:22 MGT 2024