Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Stokperdjies & kunsvlyt » Rekenaarspeletjies enige iemand? (Van laat 80's arcade hits, 2000's kult-klasieke en moederne titels!)
Rekenaarspeletjies enige iemand? [boodskap #149271] Sa., 23 Augustus 2025 12:15 na volgende boodskap
RetroShark  is tans af-lyn  RetroShark
Boodskappe: 5
Geregistreer: Augustus 2025
Ligging: Iewers daar buite...
Karma: 0
Junior Lid

Hi weer almal! Na 'n ruk weer aan my take werk het ek maar weer besluit om iets hier op die forum te plaas! Sommer oor rekenaarspeletjies, my gunsteling stokperdjie (na tabletop wargaming). Speletjies vir my is meer as net iets om my besig te hou, dit is vir my 'n kuns! Ek lief dit so baie dat ek selfs wil 'n loopbaan daaruit maak om speletjies te maak! Maar genoeg van my drome, hierso is 'n vraag om hierdie topic af te skop. Wat, as jy al rekenaar speletjies gespeel het, is jou top 5 (of meer as jy nou wou) gunsteling speletjies? Myne in geen volgorde sou seker:

Earthbound (1994) 'n Wonderlike , humoristiese RPG gemaak vir die SNES
Half Life 2 (2004) 'n Uitstekende FPS gemaak deur Valve
Crazy Taxi (1999) Verewig een van my gunsteling Arcade speletjies. So intense en snaak ter selfe tyd
Super Mario 64 DS (2004) 'n Uitstekene platformer op 'n uitstekende console
The Legend of Zelda: Windwaker (2002), Perfek.
BONUS Mario Kart World (2025), die nuutste, en lekkerste, MarioKart daar buite

Nou maar toe, laat ek julle sin hoor! Sien uit daarna


Boontjies.
icon7.gif  Re: Rekenaarspeletjies enige iemand? [boodskap #149287 is 'n antwoord op boodskap #149271] So., 24 Augustus 2025 09:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DieKlippe  is tans af-lyn  DieKlippe
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 2025
Karma: 0
Junior Lid
Hello Boontjies.
Op my oudag maak FPS my karsiek.... so ek soek maar vir 3PS.
Huidiglik ou speletjies: Die Far Cry reeks en Tom Clancy's Rainbow 6 Wildlands.....
Die nuwes is nou so duur mens kan dit eintlik nie meer bekostig nie.
Lekker speel en groetnis.

[Bygewerk op: So., 24 Augustus 2025 14:53]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Re: Rekenaarspeletjies enige iemand? [boodskap #149300 is 'n antwoord op boodskap #149287] Ma., 25 Augustus 2025 08:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 543
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Rekenaarspeletjies is ook nie my ding nie, maar ek het op my dag gereeld Pac-Man, Tetris en Blackjack gespeel.

Een faset van rekenaarspeletjies wat my egter fassineer, is die gebruik daarvan vir oorlogvoering, waar "gamers" hommeltuie op die slagveld beheer. Ek neem aan robotte sal in die toekoms ook so beheer kan word, byvoorbeeld om 'n basis op Mars te bou.

In elk geval, geniet jou breek!
Re: Rekenaarspeletjies enige iemand? [boodskap #149310 is 'n antwoord op boodskap #149300] Ma., 25 Augustus 2025 15:20 Na vorige boodskap
RetroShark  is tans af-lyn  RetroShark
Boodskappe: 5
Geregistreer: Augustus 2025
Ligging: Iewers daar buite...
Karma: 0
Junior Lid

Ag dankie julle, lekker om te sien iemand anders speel ook speletjies Klippie, ja ek stem hulle raak nou vreeslik duur, dus bly ek maar by ou goed meestal, en Jan Meneer Man, Tetris is nog 'n baie lekker een vir my! En ja, robot oorlog en ontdekkings lyk vir my ook na die toekoms

Boontjies.
Vorige onderwerp: Foto's en goed.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 05 08:13:43 UTC 2025