Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » alte
alte [boodskap #149202] Ma., 18 Augustus 2025 18:20 na volgende boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27024
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
alte
Afbreking: al•te
Samestelling: al + te


Bywoord: alte

Betekenis:
• Versterking van te: "baie", "danig", "glad te" of  "tog te".

Gebruik:
• Dis alte lekker!
• Dit is maar alte waar.
• Ons sal alte graag help.

Spreekwoord:
• Alte goed is andermansgek. [As jy te goedhartig is, word jy bespot.]

Vertaling:
Engels: too, only too
Nederlands: alte


Selfstandige naamwoord: alt
Meervoud: alte

Betekenis:
• Meervoud van alt ('n lae vrouestem, of 'n vrou met so 'n stem).

Gebruik:
• Hoeveel alte sing in die koor?

Vertaling:
Engels: altos
Nederlands: alten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 04 November 2026 09:58]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Re: alte [boodskap #153449 is 'n antwoord op boodskap #149202] Wo., 04 November 2026 09:55 Na vorige boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27024
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Is dit "al te lekker" of "alte lekker"?

Die regte vorm is "(al)te lekker".
"Alte" is 'n versterking van "te".
"Al te" beteken "reeds te" of "alreeds te".
Vorige onderwerp: blomdek
Volgende onderwerp: verrottend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Nov. 04 11:39:11 UTC 2026