grasweduwee [boodskap #148508] |
So., 06 Julie 2025 06:42 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 22205 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grasweduwee
Afbreking: gras•we•du•wee
Samestelling: gras + weduwee
Selfstandige naamwoord: grasweduwee
Meervoud: grasweduwees
Verkleinwoord: grasweduweetjie
Meervoud van verkleining: grasweduweetjies
Betekenis:
• 'n Getroude vrou wie se man van die huis af weg is.
Gebruik:
• Die manne het gaan visvang, so ek is die naweek 'n grasweduwee.
Antoniem:
• graswewenaar
Vertaling:
Engels: grass-widow
Nederlands: groene weduwe, onbestorven weduwe
Nota:
• Waarskynlik van die Franse "veuve de grâce" (genadeweduwee) en verwys na die grasie of genade wat 'n vrou van die pous ontvang het om van haar man te skei.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|