wewenaarspyn [boodskap #148507] |
Sa., 05 Julie 2025 20:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 22205 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wewenaarspyn
Afbreking: we•we•naars•pyn
Samestelling: wewenaar + -s- + pyn
Selfstandige naamwoord: wewenaarspyn
Meervoud: –
Betekenis:
• Die kort, skerp steekpyn wat jy voel wanneer jy die wewenaarsbeentjie in jou elmboog stamp.
Gebruik:
• 'n Wewenaarspyn skiet vanaf jou elmboog tot in jou pinkie en ringvinger uit.
Vertaling:
Engels: widower's pain
Nederlands: weduwnaarspijn
Nota:
• 'n Skertsende verwysing na die pyn wat 'n man wat sy vrou verloor het ervaar: hewig, maar van korte duur.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|