Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » graswewenaar
graswewenaar [boodskap #148506] Sa., 05 Julie 2025 20:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24180
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
graswewenaar
Afbreking: gras•we•we•naar
Samestelling: gras + wewenaar


Selfstandige naamwoord: graswewenaar
Meervoud: graswewenaars

Betekenis:
• 'n Getroude man wie se vrou van die huis af weg is.

Gebruik:
• Die voue het gaan kamp, so ek is die naweek 'n graswewenaar!

Antoniem:
• grasweduwee

Vertaling:
Engels: grass‐widower
Nederlands: groene weduwnaar, onbestorven weduwnaar

Nota:
• Waarskynlik van die Franse "veuve de grâce" (genadeweduwee) en verwys na die grasie of genade wat 'n vrou van die pous ontvang het om van haar man te skei. Die teengestelde hiervan het later "graswewenaar" geword.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wewenaarsbeentjie
Volgende onderwerp: wewenaarspyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 24 13:56:07 UTC 2025