Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit The Citizen (vir arno)
Uit The Citizen (vir arno) [boodskap #14754] Vr, 15 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Arno, hier is vir jou 'n (vertaalde) beriggie uit vandag se Citizen. Ek glo
nie jy sal dit op Nederlandse TV sien nie:

'n Man van Gallo Manor, Mnr Wayne Pretorius (37), is Woensdagaand
doodgeskiet toe hy sy verloofde uit die hande van motorkapers wou red. Me
NATALIE DUDLEY (32) en 'n vriendin is oorval deur drie gewapende mans toe
hulle gereed gemaak het om uit te gaan vir die aand.

Mnr Pretorius het sy verloofde se gille gehoor en uitgehardloop. Hy is op 'n
afstand van minder as 1 meter in die bors geskiet, en is later in die
hospitaal dood.(EINDE)

Wat maak hierdie anders as ander soortgelyke tragedies waarvan ons elke dag
hoor en lees? Wel, Arno, NATALIE DUDLEY is my vrou se niggie, so die keer is
dit 'n bietjie nader aan die huis.

Gloudina veg die Derde Vryheidsoorlog vanuit die kuberruimte.

Hier op aarde is ons terug by die Grensoorloë, Bloukrans en Umgundgundlovu.
Hoe ver is Bloedrivier en Vegkop? Of moet ons terug Kolonie toe? Sizwe?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Uit The Citizen (vir arno) [boodskap #14755 is 'n antwoord op boodskap #14754] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

>
> Hier op aarde is ons terug by die Grensoorloë, Bloukrans en Umgundgundlovu.
> Hoe ver is Bloedrivier en Vegkop? Of moet ons terug Kolonie toe? Sizwe?
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA

Henri, wanneer jy die bostaande verklaar,
laat jy jouself toe om "politiek" te maak
van 'n vreeslike menslike tragedie. Want
wanneer jy praat van grens-oorlo"e,
Bloukrans en Umgundgundhlovo, dan praat
jy terselfdertyd van wit invallers met
gewere wat swartes kom doodskiet het. So
eintlik is jy dom, Henri, om wat gebeur
het met jou vrou se niggie te knoop aan
die bestaan van wit aggressie van lank
gelede. Dink fyner.

Gloudina
Re: Uit The Citizen (vir arno) [boodskap #14826 is 'n antwoord op boodskap #14754] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Henri, wanneer jy die bostaande verklaar,
> laat jy jouself toe om "politiek" te maak
> van 'n vreeslike menslike tragedie. Want
> wanneer jy praat van grens-oorlo"e,
> Bloukrans en Umgundgundhlovo, dan praat
> jy terselfdertyd van wit invallers met
> gewere wat swartes kom doodskiet het. So
> eintlik is jy dom, Henri, om wat gebeur
> het met jou vrou se niggie te knoop aan
> die bestaan van wit aggressie van lank
> gelede. Dink fyner.

Gloudina,

Natuurlik is ek besig om politiek te maak daarvan. Nie alleen dit nie, maar
ek lees en luister hoe mense in die land waar ek woon praat. Dat daar 'n
opwelling is van emosie om die reg in eie hande te begin neem, is nie blote
skimpe van my op Usenet nie.

Die algemene gevoel is dat ons regering nie die vermoeë of politieke wil het
om die geweldadigheid en barbarisme aan bande te lê nie. Nie net onder
blankes nie. Daar is gevalle bekend waar swart gemeenskappe self skuldiges
aan die pen laat ry het.

Jy is natuurlik geregtig op jou interpretasie van Umgundgundlovu, Bloukrans
ens. As jy 'n derde Vryheidstryd veg, moet ek aanvaar jy het simpatie gehad
met die vorige 2, want daarsonder kan jy nie by nommer 3 uitkom nie.
Verduidelik net vir my hoe kom ons by enige van die 3 uit sonder Bloedrivier
en Vegkop?

(Jy is natuurlik ook geregtig op jou opinie oor my intelligensie, maar ek
glo nie ek hoef aan jou verantwoording te doen daaroor nie.)

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Uit The Citizen (vir arno) [boodskap #14863 is 'n antwoord op boodskap #14754] So, 17 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 May 1998 22:35:35 -0600, "Henri Burger"
wrote:

> Arno, hier is vir jou 'n (vertaalde) beriggie uit vandag se Citizen. Ek glo
> nie jy sal dit op Nederlandse TV sien nie:
> Snip ....snip .....
>
> Hier op aarde is ons terug by die Grensoorloë, Bloukrans en Umgundgundlovu.
> Hoe ver is Bloedrivier en Vegkop? Of moet ons terug Kolonie toe? Sizwe?
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
>
Ek glo nie daar is meer Suid Afrikaners of oud-Suid Afrikaners oor wat
nie al iemand ken wat gely het of iemand verloor het aan die geweld in
SA nie.

My vrou se jarelange mentor in Maatskaplike werk, se man is verlede
week in die Vrystaat vermoor - Danie Marais, en sy moes blykbaar vir
haar lewe met 'n kleinkind vlug na 'n buurplaas vir hulp.

Mens kan maar net bid vir jou mense se veiligheid, Henri!
Vorige onderwerp: War and Peace...
Volgende onderwerp: 'n Vragie aan die Nederlanders
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 12:09:14 MGT 2024