Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vorstelik
- vorstelik [boodskap #147484] Di., 04 Februarie 2025 19:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21489
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vorstelik
Afbreking: vors•te•lik
Samestelling: vors(t) + -elik


Byvoeglike naamwoord: vorstelik
Attributief: vorstelike
Partitief: vorsteliks

Betekenis:
• Wat 'n vors (regeerder) betref.
• Soos wat by 'n vors pas.

Gebruik:
• Hy het sewe honderd vrouens uit vorstelike families gehad. [1 Konings 11:3]
• Die besoekers is vorstelik onthaal.

Sinoniem:
• adellik
• aristokraties
• keiserlik
• koninklik
• prinslik

Hiponiem:
• kerkvorstelik
• keurvorstelik

Afgelei:
• vorstelikheid

Vertaling:
Engels: princely, kinglike, kingly, royal, imperial
Nederlands: vorstelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: diepgaande
Volgende onderwerp: welgeskape
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Apr. 21 17:34:13 UTC 2025