Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Verskreeude Aarde
Verskreeude Aarde [boodskap #147349] Thu, 16 January 2025 08:46 na volgende boodskap
naudej  is tans af-lyn  naudej
Boodskappe: 2
Geregistreer: January 2025
Karma: 0
Junior Lid
Kom my kind
kry jou klere
dis koud buite;
vandag help die Here.

Die mielies staan mooi
en die beeste is vet-
vandag is dit nikswerd
volgens Britse wet.

"Who's in charge
if I may ask-
not that it matters
as this farm won't last!"


Sy hoedpunt glinster,
sy bootse blink,
sy stem is hard
waar teen kraalmuur weerklink.

"Gather the cattle
burn and plunder,
but hurry lads
in the distance thunder!"


Die grasdak knars,
beespoot dreun,
Tommie dra nader
vandag gaan die osse steun...

"Excuse me sir;
ja jy jou fokken rooinek!
Wat maak jy?
Vandag is jy vrek!"


Uit een mond bevestig
vuur veertig Mausers tegelyk,
twintig Tommies tuimel
terwyl offisier agter wa induik.

"Hensop jou bliksem!"
Vandag is jou beurt
kyk wat het jul gedoen,
maar dis mos nie verkeerd.

"What's wrong now,
is it a bit warm?
If you're lucky
the flames will die from the storm."


Laat jy vrek jou Khaki
deur jou eie vuur begint,
daar in my knetterende huis
waar jy jou nou bevind...

[Bygewerk op: Fri, 17 January 2025 12:40] deur moderator

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Re: Verskreeude Aarde [boodskap #147356 is 'n antwoord op boodskap #147349] Thu, 16 January 2025 16:56 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 528
Geregistreer: May 2018
Karma: 22
Senior Lid
Goed gedoen!
Pos gerus meer.
Vorige onderwerp: Heksenag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 18 02:03:18 UTC 2025