Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Terwille van Rugby
Terwille van Rugby [boodskap #14446] Sa, 09 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek luister na die woordvoerders van die verskillende rugby unies - een na
die ander verduidelik hulle dat hulle besluit het om "Dr Luyt te vra om te
gaan terwille van Rugby".

Hierdie mense het gevou onder intimidasie.

Hulle is besig om staatsterrorisme te kondoneer - om hul seël van
goedkeuring daarop te plaas.

Want eintlik, Henri, is die beeld van die vragmotor wat op jou afjaag nie 'n
goeie vergelyking nie.

Wat ons hier het is 'n bende mensvreters wat dreig om jou huis te beleër, om
jou water af te sny, en jou pad te versper as jy nie vrywillig uitkom om
gevreet te word nie. Wat die helde van die rugbywêreld besig is om te doen
is om vir die mensvreters te sê: "OK, vat vir Oupa. Hy's in elk geval 'n ou
korrelkop met allerhande slegte gewoontes."

Die probleem is dit - more is die mensvreters weer honger. Maar dan het jy
reeds toegegee dat dit aanvaarbaar is om mense te vreet. Let maar op dat Sam
Shilowa klaar ge-eis het dat die regter in die SARVU-saak moet bedank.

Ek raai die president van die reserwebank is volgende.

Leendert
Re: Terwille van Rugby [boodskap #14467 is 'n antwoord op boodskap #14446] So, 10 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> On Sat, 9 May 1998 12:31:22 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:

>> Ek luister na die woordvoerders van die verskillende rugby unies - een na
>> die ander verduidelik hulle dat hulle besluit het om "Dr Luyt te vra om te
>> gaan terwille van Rugby".
>>
> Hulle moes hom al jare gelede gedwing het voor hy politiek daarvan
> begin maak het. Hy is die rede waarom SA rugby so groot gemors is.

As hy die ou is wat leendert wil he ons moet glo hy is, het hy lankal
gedoen wat die cannary gedoen het. Dit is darem ook nie meer lank nie
dan is rugby nie net van hom ontslae nie, maar van sy hele surkis.
Danie Craven bid ook seker lankal dat die boelies moet los waarvoor hy
so lank en hard aan gewerk het - onthou die bosberaad met die ANC om
weer internasionaal tekan deelneem? - en in vrede te kan rus.
Ons dink aan u Danie.

--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: Terwille van Rugby [boodskap #14468 is 'n antwoord op boodskap #14446] So, 10 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote:
>
> Leendert van Oostrum skryf:
>
>> Want eintlik, Henri, is die beeld van die vragmotor wat op jou afjaag nie 'n
>> goeie vergelyking nie.
>>
>> Wat ons hier het is 'n bende mensvreters wat dreig om jou huis te beleër, om
>> jou water af te sny, en jou pad te versper as jy nie vrywillig uitkom om
>> gevreet te word nie. Wat die helde van die rugbywêreld besig is om te doen
>> is om vir die mensvreters te sê: "OK, vat vir Oupa. Hy's in elk geval 'n ou
>> korrelkop met allerhande slegte gewoontes."
>
> Op 'n manier is jy reg, Leendert, en ek dink ook die meerderheid van SARFU
> verteenwoordigers het geswig voor die aankomende vragmotor. Miskien het
> hulle gedink aan hulle vrouens en kinders saam in die motor, en soos jy sê
> 'n beter keuse gehad as Sophy in 'Sophy's Choice'.
>
> Oupa het natuurlik die geleentheid gehad om bosse toe te hardloop voordat
> die mensvreters by die huis opgedaag het, maar hy het vir die familie gesê,
> "moenie julle bekommer nie, ek weet hoe om met mensvreters te werk". En
> hulle het hom geglo. Tot hulle gesien het hoe groot en baie die mensvreters
> is, en die mensvreters begin dreig het om hulle ook te eet as hulle nie vir
> Oupa kan kry nie. Wat sou jy gemaak het?
>

Leendert se storie laat mens dink aan die maagde wat aan die Vulkane
geoffer word. (Nie dat ek Luyt as pragtige maagd sien nie :) ). Maar
volgende keer bedaar die vulkaan nie onmiddellik nie en dan gooi hulle
twee mense in sy keel af.
Re: Terwille van Rugby [boodskap #14469 is 'n antwoord op boodskap #14446] So, 10 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Thomas Jacobs heeft geschreven in bericht ...
> In jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:
>
>> On Sat, 9 May 1998 12:31:22 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:
>
>>> Ek luister na die woordvoerders van die verskillende rugby unies - een na
>>> die ander verduidelik hulle dat hulle besluit het om "Dr Luyt te vra om te
>>> gaan terwille van Rugby".
>>>
>> Hulle moes hom al jare gelede gedwing het voor hy politiek daarvan
>> begin maak het. Hy is die rede waarom SA rugby so groot gemors is.
>
> As hy die ou is wat leendert wil he ons moet glo hy is, het hy lankal
> gedoen wat die cannary gedoen het. Dit is darem ook nie meer lank nie
> dan is rugby nie net van hom ontslae nie, maar van sy hele surkis.

Watter ou wil ek hê "julle" moet glo hy is, Thomas?

> Danie Craven bid ook seker lankal dat die boelies moet los waarvoor hy
> so lank en hard aan gewerk het - onthou die bosberaad met die ANC om
> weer internasionaal tekan deelneem? - en in vrede te kan rus.
> Ons dink aan u Danie.

Hmmm..... Ek herinner my dat Luyt 'n belangrike rol gespeel het om die
betrokke beraad te reël, en selfs saam met Craven daar was. Om die waarheid
te sê, as my geheue my nie parte speel nie, het Luyt vir Craven in sy Lear
Jet opgelaai vir die trippie.

Ek onthou ek het destyds ook nie die mensvreters vertrou nie - my kommentaar
was "Craven by name, craven by nature".

Groete, Leendert
Re: Terwille van Rugby [boodskap #14470 is 'n antwoord op boodskap #14446] So, 10 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan N Potgieter wrote:
>
> On Sat, 9 May 1998 12:31:22 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>> Ek luister na die woordvoerders van die verskillende rugby unies - een na
>> die ander verduidelik hulle dat hulle besluit het om "Dr Luyt te vra om te
>> gaan terwille van Rugby".
>>
> Hulle moes hom al jare gelede gedwing het voor hy politiek daarvan
> begin maak het. Hy is die rede waarom SA rugby so groot gemors is.

Johan lyk my jy val ook vir die intimidasie en moddergooiery. Die ANC by
wyse van George en die NSC het politiek by rugby ingesleep. Nou
beskuldig jy vir Luyt dat hy dit gedoen het? Maak geen fout nie, Luyt is
'n publisiteits nagmerrie maar dat mense val vir die propaganda wat die
media aan hulle verkoop 'never ceases to amaze me'. So ook dat die
koerante soos die storie ontwikkel het elke keer die NSC se vinnig
veranderende standpunt as die huidige voor te stel. Miskien 'n bietjie
fatkruip by hul huidige meesters?

Ek vra weer - wat het Luyt rerig verkeerd gedoen? Behalwe om 'n
scrapegoat te wees.

Laat ek nou alla Leendert 'n voorspelling maak, die nuwe SARFU sal
mooitjies by die NSC moet inval en presies doen wat aan hulle gesê word
ander sal die nag van die lang messe weer herhaal word. Selfs krieket
met hul PC standpunt is nie vry van die ANC aanvalle nie.

O ja sterkte vir nuwe SARFU baas - watch jou rug.

Cheers
Lou
___________________________________________________
"Brutus? Yes, I know him... Why?" - Julius Caesar
Re: Terwille van Rugby [boodskap #14471 is 'n antwoord op boodskap #14446] So, 10 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri skryf:

> Leendert van Oostrum skryf:
>> En die vorige keer kon die mensvreters die wêreld oortuig dat hulle reg
>> optree om mense te vreet, want hulle was kwansuis so honger en onderdruk.
>> Hierdie keer staan ons 'n kans om hulle aan die kaak te stel vir wat hulle
>> is.
> Met die verskil dat 'die wêreld' nóg banger is vir die mensvreters, en
> vooruit laat weet het hulle kom nie met die kos wat die gesin so na smag
> nie, tensy stappe geneem word om die mensvreters van hulle weg te hou nie.
> So, die gesin het gesit met die situasie dat die mensvreters nie alleen
> dreig om hulle ook te eet nie, maar ook dat hulle self nie kos gaan hê nie,
> en dus in elk geval gaan sterf van die honger.
> Die 'wêreld' het duidelik ook nie lus gehad om op te tree teen die
> mensvreters nie, want dit skeel hulle min as groot mensvreters klein mensies
> eet nie. Solank klein mensvretertjies net nie groot mense eet nie.
> Die gesin het al hierdie goed opgeweeg, en tot die gevolgtrekking gekom dat
> Oupa onder die omstandighede opofferbaar is.

Hm... Die pragmatiese perspektief.

Sê my Henri,

a) Dink jy mense behoort mensvretery te ontmoedig?
b) Indien wel: hoe sou mens te werk gaan?

> As Oupa die man is wat hy
> voorgee om te wees, sal hy maak soos Ouma gemaak het toe sy gesê het "oorlog
> is oorlog" (ek hoop jy ken daai een).
> (Die nuutste gerugte wil hê dat dit wel die geval is.)

Mmmmm... Ja. Sy standpunt is, volgens die berig in Rapport, dat hy nie
bereid is om voort te gaan sonder die steun van die bestuur nie - maar dat
hy steeds nie toegee dat mensvretery aanvaarbaar is nie. Hy laat dus eintlik
die bestuur oor aan die mensvreters - soos hulle self versoek het.

En nog meer onlangse gerugte uit die kamp van Muleleki George lui dat hy nie
tevrede gaan wees met Oupa nie. Hy wil Ouma en die ouers ook hê, en die
kinders onder sy eie voogdyskap plaas.

Dit gaan nou interessant wees om te sien of die res van die SARVU-bestuur
net so gretig is om self te bedank as wat hulle was om Luyt te vra om te
bedank.

Jy sien, Henri: Daar is net een rede waarom jy kan weier om toe te laat dat
die mensvreters aan jou ribbes knaag - naamlik dat mensvretery in enige vorm
ontoelaatbaar is.

Maar as jy reeds toegegee het dat Oupa maar gevreet mag word, het jy daardie
beginsel self oorboord gegooi. Nou het jy geen grond om te weier as die
volgende een vir die pot ge-eis word nie.

En wat hulle eis is dat die mensvreters self die voogde sal aanstel oor die
ou kindertjies wat agterbly.

MAW die tussentydse bestuur van SARVU sal nou aangewys word deur 'n
organisasie wat nie geskroom het om die grondwet opsy te skuif, 'n
hofuitspraak te minag en die staatsmag te misbruik om dit te kan doen nie.
En ons moet aanvaar dat hulle die belange van Rugby op die hart sal dra en
die spel bestuur volgens dieselfde beginsels van billikheid wat hulle reeds
verkrag het?

Jy weet wat, Henri: As ek in so 'n situasie kom met mensvreters sou ek
oordeel dat 'n Massada-scenario meer gepas is as om my kinders oor te gee in
die voogdyskap van die mensvreters.

Maar in die praktyk is rugby nie naby 'n massada-situasie, sover ek kan sien
nie. Inteendeel. Op sy ergste is hulle maar net waar hulle tien jaar gelede
was.

Groete, Leendert
Re: Terwille van Rugby [boodskap #14510 is 'n antwoord op boodskap #14446] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 May 1998 10:10:29 +0200, lou wrote:

>> Hulle moes hom al jare gelede gedwing het voor hy politiek daarvan
>> begin maak het. Hy is die rede waarom SA rugby so groot gemors is.
>
>
> Johan lyk my jy val ook vir die intimidasie en moddergooiery. Die ANC by
> wyse van George en die NSC het politiek by rugby ingesleep. Nou
> beskuldig jy vir Luyt dat hy dit gedoen het? Maak geen fout nie, Luyt is
> 'n publisiteits nagmerrie maar dat mense val vir die propaganda wat die
> media aan hulle verkoop 'never ceases to amaze me'. So ook dat die
> koerante soos die storie ontwikkel het elke keer die NSC se vinnig
> veranderende standpunt as die huidige voor te stel. Miskien 'n bietjie
> fatkruip by hul huidige meesters?

Nee waoouuu , Lou. Ek praat hier van Luyt voor die huidige debakel
(laasgenoemde volg ek maar baie oppervlakkig hier uit Amerika).

Van laaankal af, had die man maar 'n swak persoonlikheid - een van
daai ous wat as kind net sy eie sin wou gehad het en dan almal se
karretjies en paadjies omskop as hulle nie by sy reels wil hou nie.

Blote bullebak wat ontwikkel het - as hy nie sy sin kry nie,
stoomroller hy. Rugby het net begin regkom met daai klein Engelsman
se ontwikkelingspogings, toe word hy sommer so lelik in die pad
gesteek (sjoe, die lot Hollanders laat my nou sleg in my spore trap
met die Afrikaans - eintlik het Luyt die outjie gefire).

Nee wat, los die politiek heeltemal daaruit, steur jou nie aan die
koerante nie, gaan ontmoet die man in persoon en besluit dan weer. In
my opinie is hy die antitese van wat ek graag in 'n sportman wil sien.

En vergelyk dan maar die relatiewe gewildheid van rugby en krieket in
die land en kyk na die hoeveelheid struweling wat voortdurend in die
sport se bestuur bestaan. Berigte oor SA rugby is al vir baie jare
net negatief en het dit maar altyd oor die struwelinge in die
administrasie - berigte oor krieket is meesal positief en wys hoe die
ouens saamwerk en vordering maak in wat hulle doen en hoe die
sportmanne die spel geniet.
Vorige onderwerp: Re: Terwille van Rugby
Volgende onderwerp: Re: terwille van rugby.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 09:04:25 MGT 2024