Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gesel
gesel [boodskap #144616] So, 11 Februarie 2024 09:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18894
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gesel
Afbreking: ge•sel


Selfstandige naamwoord: gesel
Meervoud: geselle

Betekenis:
• Iemand wat saam met 'n ander gaan.

Gebruik:
• Jy kan jou gesel saambring.

Sinoniem:
• eskort
• gade
• kameraad
• kornuit
• maat
• makker
• reisgenoot

Antoniem:
• gesellin (vroulik)

Hiponiem:
• bootsgesel
• jonggesel
• lewensgesel
• metgesel
• reisgesel
• vrygesel

Afgelei:
• gesellig
• geselskap
• vergesel

Vertaling:
Engels: companion, fellow, mate
Nederlands: gezel

'n Gesel.
'n Gesel.

Selfstandige naamwoord: gesel
Meervoud: gesels
Verkleinwoord: geseltjie
Meervoud van verkleining: geseltjies

Betekenis:
• 'n Stok met dun rieme en knope waarmee iemand (veral op die rug) geslaan word.

Gebruik:
• As straf het die regter die man tot 12 houe met die gesel gevonnis.

Sinoniem:
• rugsweep

Hiperoniem:
• slaanding

Afgelei:
• geselpaal
• geselroede

Vertaling:
Engels: lash, scourge, whip
Nederlands: gesel


Werkwoord: gesel
Verlede tyd: het gegesel

Betekenis:
• Om iemand met 'n gesel te slaan, of geestelike pyn aandoen.

Gebruik:
• Pilatus het Barabbas losgelaat en Jesus laat gesel.
• Die gevangene is gegesel tot die bloed van sy rug afloop.

Sinoniem:
• kasty
• pynig
• slaan
• tugtig

Afgelei:
• geseling

Vertaling:
Engels: to flog, lash, whip, scourge
Nederlands: geselen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: trompie
Volgende onderwerp: terugvlug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 16:26:17 MGT 2024