Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spotnaam
spotnaam [boodskap #144397] So, 14 Januarie 2024 07:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spotnaam
Afbreking: spot•naam
Samestelling: spot + naam


Selfstandige naamwoord: spotnaam
Meervoud: spotname
Verkleinwoord: spotnaampie
Meervoud van verkleining: spotnaampies

Betekenis:
• 'n Vermaaklike of minagtende bynaam waarmee iemand gespot word.

Gebruik:
• Woltoon is 'n spotnaam vir 'n Kapenaar. Vaalpens 'n spotnaam vir 'n Transvaler. Blikoor is 'n spotnaam vir 'n Vrystater.

Sinoniem:
• alias
• bynaam
• skeldnaam
• tergnaam
• troetelnaam

Vertaling:
Engels: pet name, nickname
Nederlands: spotnaam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kontreitaal
Volgende onderwerp: variasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 23:32:19 MGT 2024