Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afrol
afrol [boodskap #144299] So, 31 Desember 2023 08:20
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afrol
Afbreking: af•rol
Samestelling: af + rol


Werkwoord: rol af, afrol
Verlede tyd: het afgerol

Betekenis:
• Om so te rol dat dit nie meer bo-op iets is nie.
• Om iets wat opgerol is af te wikkel.
• (verouderd) Om 'n afdruk/kopie van 'n dokument te maak.

Gebruik:
• Sy rol in die nag van haar bed af.
• Moenie al die toiletpapier afrol nie.
• Die juffrou het ekstra leesstof vir die kinders afgerol.

Sinoniem:
• afhel
• aftuimel
• afval
• afwentel
• afwikkel
• ontrol
• uitrol
• afdruk
• dupliseer

Antoniem:
• oprol

Afgelei:
• afrolmasjien
• afrolpapier

Vertaling:
Engels: to roll down; to unroll, unwind; duplicate
Nederlands: afrollen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kaliber
Volgende onderwerp: bestyg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:28:15 MGT 2024