Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kaliber
kaliber [boodskap #144298] Sa, 30 Desember 2023 16:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kaliber
Afbreking: ka•li•ber


Selfstandige naamwoord: kaliber
Meervoud: kalibers
Verkleinwoord: kalibertjie
Meervoud van verkleining: kalibertjies

Betekenis:
• Die deursnee van 'n koeël, projektiel, vuurwapen se loop, ens.
• Die aard of statuur van 'n persoon.

Gebruik:
• Met watter kaliber jag jy?
• 'n Man van sy kaliber behoort hom nie met sulke twak te bemoei nie.

Sinoniem:
• binnemaat
• deursnee
• deursnit
• dwarsdeursnee
• diameter
• koeëlmaat
• loopmaat
• geaardheid
• gehalte
• inbors
• karakter
• kwaliteit
• statuur

Afgelei:
• kaliberboor
• kaliberpasser
• kalibermaat
• kaliberstok
• kaliberwals

Afkorting:
• kal.

Vertaling:
Engels: bore, caliber
Nederlands: kaliber

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skeisaak
Volgende onderwerp: afrol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:49:39 MGT 2024