Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner, Quo Vadis?
Afrikaner, Quo Vadis? [boodskap #14302] |
Ma., 04 Mei 1998 00:00  |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hiermee een van my weeklikse beriggies uit die koerante (Beeld, 4/5/98):
"Dit gaan harde werk kos om Afrikaners se koppe gedraai te kry tot die besef
dat hul heil as Afrikanervolk juis daarin lê om aktief met swart mense
kontak te hê", het prof. Tom Dreyer van Stellenbosch, nasionale hoofleier
van die Voortrekkers, op die afsluitingsdinee van dié jeugbeweging se eerste
nasionale kongres vir verkenners gesê.
"Die meeste Afrikaners onttrek hulle aan die nuwe SA. Party Afrikaners, ek
dink die meeste, kyk en lees nie meer nuus nie, want hulle onttrek hulle
heeltemal, en konsentreer net daarop om geld te maak en goed te kan leef.
"Sommige emigreer, wat natuurlik beteken dat hulle Afrikaans prysgee. Ander
verlekker hulle in die swak regering van die ANC met 'n houding van 'ek het
jou mos gesê' .
"Die een ding wat die laaste maande vir my duidelik geword het, is dat die
groep Afrikaners tussen 30 en 45 jaar, met enkele uitsonderings, weinig sal
help, want hulle is produkte van die ou stelsel van bevoorregting. Daarom
sukkel hulle om aan te pas, en onttrek hulle nou eerder.
"Dit is die Afrikaner jonger as 30 wat gaan beslis wat vorentoe met die
Afrikaner gaan gebeur. Hulle moet die regte rigting inslaan."
Hierop het die jongmense as volg geantwoord:
"Ons is positief oor SA se toekoms en ons eie toekoms in dié land, moeg
daarvoor dat grootmense ons voortdurend met negatiwiteit bombardeer, sat
daarvan om die hele tyd vir apartheid se foute geblameer te word."
Stof tot nadenke.
(Laat die skote maar klap, maar probeer die boodskapper mis!)
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
Re: Afrikaner, Quo Vadis? [boodskap #14303 is 'n antwoord op boodskap #14302] |
Ma., 04 Mei 1998 00:00   |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Henri Burger wrote:
>
> "Die een ding wat die laaste maande vir my duidelik geword het, is dat die
> groep Afrikaners tussen 30 en 45 jaar, met enkele uitsonderings, weinig sal
> help, want hulle is produkte van die ou stelsel van bevoorregting. Daarom
> sukkel hulle om aan te pas, en onttrek hulle nou eerder.
>
> "Dit is die Afrikaner jonger as 30 wat gaan beslis wat vorentoe met die
> Afrikaner gaan gebeur. Hulle moet die regte rigting inslaan."
>
Een ou dingetjie wat Prof Dreyer blykbaar nie verstaan van die 30 - 45
jariges nie is dat ons die mense is wat die Affirmative Action aan die
bas voel, wat kinders het wat se toekoms bra duister is. Dit is nou die
tyd vir ons om soveel moontlik vir hulle toekoms te sorg, as dit dan
nie hier is nie dan in 'n land waar die sondes van die vadere nie ook
hulle sondes sal wees nie. Waar iemand met sewe onderskeindings in
matriek kan regmatig verwag om beurse te kry vir verdere studie, nie die
beurs aan 'n histories agtergeblewene middelklas persoon te sien gaan
net omdat die persoon se vel swart is nie. Waar die posisie wat jy
beklee afhang van jou bekwaamhede en hoe hard jy werk en nie van jou vel
kleur nie. Meeste van ons is en was nog altyd polities onbetrokke, dit
is erg genoeg net om vyf dae 'n week te werk om die ekonomie aan die
gang te hou om nog te verwag dat ons toenaderings aksies ook uit te
voer. Dinge soos die NSC/SARFU geveg laat ons natuurlik nie optimisties
oor waar ons in 'n toenaderings aksie sal wees nie.
Nog bietjie nuus vir die liewe ou proffie - die afrikaanse tiener sien
dit as cool om engels met sy afrikaanse vriende te praat. Dit is iets
wat omgekeer sal moet word - Afrikaans moet ook 'n kewl beeld kry weg
van die omies met boepense en kakie klere en anties wat oorloe" wil veg
met kappies en pannekoek.
Natuurlik baie diep denke van die prof se kant. Enig iemand met 'half a
brain' kon hom dieselfde storie vertel het.
Lou
|
|
|
|
Re: Afrikaner, Quo Vadis? [boodskap #14343 is 'n antwoord op boodskap #14302] |
Di., 05 Mei 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2171 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:
>
> Dink hierdie proffie
So dis nou 'n "proffie." Ek bestudeer
op die oomblik, soos jy gevra het, die
Afrikaner. Ek sluit myself en my familie
in Suid-Afrika daarby in. Ook ons vriende
daar en ook verskillende kontakte. Maar
dit sluit ook vir jou in. En ek vind dit
tog so tipies dat mense soos jy nou alles
wat nie met julle ideologie saamstem nie,
verkleineer. Dus word 'n Afrikaner, wat
iets sê waarvan jy nie hou nie, nou
skielik 'n "proffie." Nou dis hierdie
soort ideologiese verkleinering wat ons
in die dekades van die apartheidsregime
sien bloei het, en wat ons nog in die
arrogante gepraat van PW Botha sien. As
jy nou vir ons ander Afrikaners 'n guns
wil doen, hou op om so verkleinerend te
praat oor ander Afrikaners. En neem die
advies van die ander pos wat jy in Engels
op die nuusgroep gesit het. Of was dit
ook maar net 'n gepreek vir ander mense,
sonder om die hand in eie boesem te steek.
Gloudina Bouwer
|
|
|
Re: Afrikaner, Quo Vadis? [boodskap #14344 is 'n antwoord op boodskap #14302] |
Di., 05 Mei 1998 00:00   |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:
>
>>
>> Dink hierdie proffie
>
> So dis nou 'n "proffie." Ek bestudeer
> op die oomblik, soos jy gevra het, die
> Afrikaner. Ek sluit myself en my familie
> in Suid-Afrika daarby in. Ook ons vriende
> daar en ook verskillende kontakte. Maar
> dit sluit ook vir jou in. En ek vind dit
> tog so tipies dat mense soos jy nou alles
> wat nie met julle ideologie saamstem nie,
> verkleineer. Dus word 'n Afrikaner, wat
> iets sê waarvan jy nie hou nie, nou
> skielik 'n "proffie." Nou dis hierdie
> soort ideologiese verkleinering wat ons
> in die dekades van die apartheidsregime
> sien bloei het, en wat ons nog in die
> arrogante gepraat van PW Botha sien. As
> jy nou vir ons ander Afrikaners 'n guns
> wil doen, hou op om so verkleinerend te
> praat oor ander Afrikaners. En neem die
> advies van die ander pos wat jy in Engels
> op die nuusgroep gesit het. Of was dit
> ook maar net 'n gepreek vir ander mense,
> sonder om die hand in eie boesem te steek.
>
> Gloudina Bouwer
>
>
Practice what you preach. Goeie Engelse gesegde - wat sou dit in
Afrikaans wees?
|
|
|
Re: Afrikaner, Quo Vadis? [boodskap #14371 is 'n antwoord op boodskap #14302] |
Wo., 06 Mei 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2171 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes: >
> Gloudina, dit is duidelik dat jy Afrikaans nog goed begryp op die
> denotatiewe vlak.
>
> Maar ek dink jou reaksie demonstreer dat jy te lank uit die land is om
> korrek te kan oordeel oor die konnotatiewe strekking van so 'n woord en die
> idoom waarin dit gebruik word.
>
> "Proffie" word algemeen gebruik, sonder pejoratiewe konnotasie. Inteendeel -
> as daar 'n affektiewe implikasie is, sou dit eerder toegeneëndheid aantoon.
>
> Vriendelike groete, Leendert
Wel Leendert, ek mag al lank uit die land
wees, en ek buig vir jou grotere kennis.
Maar ek dink tog die woord "proffie" het
nie net een konnotasie nie. Ek dink as die
woord "proffie" vir "professor" gebruik
word, dan hang dit af van die konteks, of
die woord 'n pejoratiewe of amelioratiewe
konnotasie het (of 'n mengsel van albei.)
Dus, as ek sê "ek hou van daardie proffie"
dan is die strekking amelioratief. In die
geval onder bespreking is "proffie" egter
pejoratief en verkleinerend gebruik. Dis
dieselfde as ek die frase "ou ding" gebruik.
Dit hang ALLES af van die konteks of dit
pejoratief of amelioratief is. Onthou dit
nou, ou ding.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Afrikaner, Quo Vadis? [boodskap #14373 is 'n antwoord op boodskap #14302] |
Wo., 06 Mei 1998 00:00   |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 5 May 1998 21:34:46 GMT, wrote:
> So dis nou 'n "proffie." Ek bestudeer
> op die oomblik, soos jy gevra het, die
> Afrikaner. Ek sluit myself en my familie
> in Suid-Afrika daarby in. Ook ons vriende
> daar en ook verskillende kontakte. Maar
> dit sluit ook vir jou in.
Jy is duidelik besig om heel verkeerde afleidings in jou studie in te
bou en agterna mag die prentjie wat jy van die Afrikaner oorhou,
bietjie van 'n monster uitbeeld.
> En ek vind dit
> tog so tipies dat mense soos jy nou alles
> wat nie met julle ideologie saamstem nie,
> verkleineer. Dus word 'n Afrikaner, wat
> iets sê waarvan jy nie hou nie, nou
> skielik 'n "proffie."
Skuus, Gloudinkie, my ou liefie, dan sal ek maar sê "prof" alhoewel ek
ook van my grootste Hero's praat as proffie, soos Julian Heyns, Johan
Swart en nog 'n paar ander. Ek dog proffie is maar 'n algemene vorm.
Dankie vir die inligting, dametjie.
> Nou dis hierdie
> soort ideologiese verkleinering wat ons
> in die dekades van die apartheidsregime
> sien bloei het, en wat ons nog in die
> arrogante gepraat van PW Botha sien. As
> jy nou vir ons ander Afrikaners 'n guns
> wil doen, hou op om so verkleinerend te
> praat oor ander Afrikaners.
Ek kan nie onthou dat ek al ooit van Aafrikanertjies gepraat het nie,
maar ek sal van nou af in my spore trap. Sorry, tannetjie. Ek sal my
ma ook laat weet sy het toe al die tyd Afrikaners in haar tuin gehad
en nie Afrikanertjies nie - ek is so geskok dat ons al die tyd so teen
die Afrikaners gediskrimineer het! Ek sal dadelik drie "Hail
Mary's"moet gaan opsê!
> En neem die
> advies van die ander pos wat jy in Engels
> op die nuusgroep gesit het.
Ek is so bly ek kon van hulp wees.
> Of was dit
> ook maar net 'n gepreek vir ander mense,
> sonder om die hand in eie boesem te steek.
Nee, ek hoop ek kan my raatjies ook self volg!
|
|
|
|
Re: Afrikaner, Quo Vadis? [boodskap #14401 is 'n antwoord op boodskap #14302] |
Do., 07 Mei 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:
>> Dink hierdie proffie
> So dis nou 'n "proffie." Ek bestudeer
> op die oomblik, soos jy gevra het, die
> Afrikaner. Ek sluit myself en my familie
> in Suid-Afrika daarby in. Ook ons vriende
> daar en ook verskillende kontakte. Maar
> dit sluit ook vir jou in. En ek vind dit
> tog so tipies dat mense soos jy nou alles
> wat nie met julle ideologie saamstem nie,
> verkleineer. Dus word 'n Afrikaner, wat
> iets sê waarvan jy nie hou nie, nou
> skielik 'n "proffie." Nou dis hierdie
> soort ideologiese verkleinering wat ons
> in die dekades van die apartheidsregime
> sien bloei het, en wat ons nog in die
> arrogante gepraat van PW Botha sien. As
> jy nou vir ons ander Afrikaners 'n guns
> wil doen, hou op om so verkleinerend te
> praat oor ander Afrikaners.
Gloudina, dit is duidelik dat jy Afrikaans nog goed begryp op die
denotatiewe vlak.
Maar ek dink jou reaksie demonstreer dat jy te lank uit die land is om
korrek te kan oordeel oor die konnotatiewe strekking van so 'n woord en die
idoom waarin dit gebruik word.
"Proffie" word algemeen gebruik, sonder pejoratiewe konnotasie. Inteendeel -
as daar 'n affektiewe implikasie is, sou dit eerder toegeneëndheid aantoon.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner, Quo Vadis? [boodskap #14882 is 'n antwoord op boodskap #14302] |
Ma., 18 Mei 1998 00:00  |
SizweBanzi
Boodskappe: 44 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> As jy oor die oorspronklike plasing praat, sit jy die pot mis - ek het
> dit gemaak en my bedoeling was soos Leendert dit beskryf het
Leendert se pos, en veral sy beklemtoning van ALLES, het laat blyk dat hy meer
impliseer as net die meningsverskil rondom die betekenis van professortjie.
Weliswaar Gloudina se hele begrip van suid-afrikaanse konteks. Dit is waarop
ek reageer het.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 20 22:56:05 UTC 2025
|