Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina en Leendert
Gloudina en Leendert [boodskap #14311] |
Ma., 04 Mei 1998 00:00  |
SAKKIE
Boodskappe: 8 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Gloudina, ek het jou been getrek man....... Moet tog nie so vinnig op jou
perdjie wees nie. Om die waarheid te sê, ek geniet julle twee se oor en
weer kommentaar so af en toe.
Wat albei van julle moet besef is dat ernstige mense regte skendings aan
albei kante gepleeg is oor die laaste paar dekades. Onskuldige mense aan
albei kante is koelbloedig vermoor.
Ek raak net baie bekommerd as ons (nuwe) regering individuele insidente
gebruik om rasse haat aan te vlam wanneer 'n "swarte" benadeel is, terwyl
"blanke" boere daagliks in gevaar is en letterlik by die dosyne vemoor word
sonder dat ons 'n STERK boodskap van die regering se kant of kom wat die
gebeure afkeur nie.
Groetnis ---------- Sakkie
ns. Ek wil nog vir jou kom kuier in Kanada. Ek hoor die natuur is
asemrowend mooi.
|
|
|
|
|
|
Re: Gloudina en Leendert [boodskap #14349 is 'n antwoord op boodskap #14311] |
Di., 05 Mei 1998 00:00  |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina nostalgeer:
> Op Marchand, maar ek is gebore op
> Perde-eiland, wat met 'n brug verbind
> is met Marchand, waar ek skoolgegaan het.
> Ho"erskool op Kakamas. Marchand is sowat
> vyftig kilometers bo die Aughrabiese
> Valle.
Was jy ooit op Gemsbokpark toe. Noenieput? Vanzylsrus?
(Onthou dat ek jou die storie vertel van die ou wat skape veiling toe gevat
het op Hotazel.)
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 20 22:56:07 UTC 2025
|