Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die moddergooi wedstryd
Die moddergooi wedstryd [boodskap #14331] Di, 05 Mei 1998 00:00
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gideon, man, welkom vir eers. Nee, laat Leendert maar 'n bietjie voortwoed,
want Gloudientjie beskou hierdie NG as haar speelplek met 'n ego wat geeste
uit die grafte uit opskrik. Haar belewenis van die land is gegrond op die
histories en nie die hede nie.
En daarmee tokkel sy aanhoudend op dieselfde "boring" snare vir eeue al.
Sy hoor ook net haar eie stem. Kritiek teen haar beskouing van Afrikaner
wees, beskou sy as verraad teen die nuwe land en ons wonderlike nuwe
demokrasie - wat sy in alle opsigte as goed en mooi wil afdwing. Begin vir
ons 'n onderwerp en hoop sy kom lê nie 'n historiese eier nie.
Hoe gaan dit daar in die Kaap? - die Wes-Kaap. Groete uit die Oos-Kaap.
Vorige onderwerp: Gloudina en Leendert
Volgende onderwerp: Vir Johan Potgieter: Leendert oor die NSA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 14 15:37:44 MGT 2024