Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Prys
Die Prys [boodskap #14230] Vr, 01 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
SizweBanzi heeft geschreven in bericht
...
> Die doel van hierdie emosionele
> deel en realiteit (net soos met die waarheidskommissie) het dit altyd basies
> ten doel gehad dat die storie jou beweeg om aandagtig in jouself te tuur,
> liewer as in jou beursie. Jy het dit heeltemal agterstevoor.

Die "prys" wat hier ge-eis word is, inderdaad, in die eerste plek nie geld
nie. In daardie opig het jy dit reg, "Sizwe".

Die prys is nog veel duurder as dit. Dit is stilte.

Jy en Gloudina (jou blue rinse brommer) het al herhaaldelik hier met groot
geskal ge-eis dat Afrikaners moet stilbly. Gloudina het, inderdaad, dit as
haar hooffunksie uitgespel om Afrikaners die swye op te lê. Soms het julle
ander kategorieë mense bygevoeg - Nazis, fasciste, apartheidsvarke, ens.

Hoofsaaklik kategorieë wat julle self geskep het. Wat julle dan as wapen
gebruik om ander te etiketteer en die smoel te snoer.

Soos jy self aangetoon het, "Sizwe", was die gedwonge swye van die vorige
bedeling waarskynlik die mees onderdrukkende aspek daarvan. Wat jy miskien
nie besef nie, is die mate waartoe Afrikaners onder dieselfde dwang gestaan
het.

Nee, "Sizwe". Jy stal jou wonde inderdaad uit. Nie as egte en bloot opregte
kommunikase van 'n outentieke ervaring nie, maar, net soos die bedelaar in
die Hagia Sofia, as handelsmiddel in 'n magstryd. En die prys wat jy vra vir
"rekonsiliasie" is inderdaad nie in die eerste plek geld nie (dit ook), maar
'n veel hoër een.

Jy en die brommers eis swye.

Dit is ook wat Magic Madiba eis as hy protesteer dat die opposisie nie
"lojaal" is aan sy "demokraties verkose" regering nie.

Dit is wat die ANC eis met die kwotas in sy nuwe arbeidswetgewing. By monde
van sy minister van arbeid verduidelik hy die sosiale effek van die
wetgewing: Die redaksie van die Sunday Times sal verander - en die
redaksionele kommentaar van die Sunday Times sal verander.

Dit is een van die redes waarom Radio Pretoria reeds 'n sattelietkanaal
bedryf - vir die dag wanneer sy uitsaailisensie weggeneem word. Miskien ook
vir die dag wanneer hy uit die buiteland moet werk omdat sy organisasie nie
voldoen aan die kwotas wat gestel word deur die plaaslike arbeidswetgewing
nie.

Selfs vir "rekonsiliasie" is daardie prys te hoog, "Sizwe". Vir albei van
ons. Ek sal daarsonder gaan.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Die Prys [boodskap #14249 is 'n antwoord op boodskap #14230] Sa, 02 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
> van die Afrikaner. Daar is ander
> Afrikaners wat soos ek voel binne en
> buite SA,

En ander wat NIE voel soos jy voel oor die politiek nie, Gloudina ....

> Nee, Leendert, ons eis eerlikheid en
> ons eis dat jy en jou trawante sal
> ophou om vir ons te sê ons is sleg.

Ek dink ons almal maak dieselfde eis. Ek is netso moeg om te hoor hoe
sleg ons ander is (wat anders as jy dink).
Re: Die Prys [boodskap #14250 is 'n antwoord op boodskap #14230] Sa, 02 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

>
> En ander wat NIE voel soos jy voel oor die politiek nie, Gloudina ....
>
>
>> Nee, Leendert, ons eis eerlikheid en
>> ons eis dat jy en jou trawante sal
>> ophou om vir ons te sê ons is sleg.
>
> Ek dink ons almal maak dieselfde eis. Ek is netso moeg om te hoor hoe
> sleg ons ander is (wat anders as jy dink).

So wat is nuut, Johan Potgieter. In 'n
normale gemeenskap is daar altyd verskille
van mening en van doel. Dis daarom dat
dit nog altyd beter is om 'n "westerse
tipe demokrasie" te hê waar dit moontlik
is vir mense om nou die een en dan die
ander denkrigting te kies en uit te
toets. Ongelukkig het dit egter in die
SA van 1948-1994 tot niet gegaan. Op
die oppervlak is daar sogenaamde
demokratiese dinge gedoen, maar in wese
was dit 'n fascistiese staat met 'n
program van rasse-diskriminasie.
Nou, op hierdie nuusgroep sal daar
hopelik openlike meningsverskille toe-
gelaat word, en sal dit dus die
demokratiese wese van die Afrikaans-
sprekendes (wit, bruin en swart)
weerspieel.
En as daar iemand op die toneel
verskyn, wat almal wat van hom verskil
uitmaak vir uit die bose, dan sal ons
sulke persone uitdui vir wat hulle is.
Terloops, kan jy vir my verduidelik
wat jou "politiek" is? En kan jy vir
my verduidelik wat "my" "politiek" is?
Dan maak ons die speelveld ten minste
gelyk?

Gloudina
Re: Die Prys [boodskap #14251 is 'n antwoord op boodskap #14230] Sa, 02 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 2 May 1998 13:43:02 GMT, wrote:
> So wat is nuut, Johan Potgieter. In 'n
> normale gemeenskap is daar altyd verskille
> van mening en van doel. Dis daarom dat
> dit nog altyd beter is om 'n "westerse
> tipe demokrasie" te hê waar dit moontlik
> is vir mense om nou die een en dan die
> ander denkrigting te kies en uit te
> toets.

Ek hou van die standpunt van jou, Gloudina. Ek is net effe huiwerig,
want in die verlede het ek al gelees hou jy mense uitkryt omdat hulle
blykbaar van opinie verander. Ek hoop hierdie is 'n nuwe vars siening
wat jy handhaaf en dat ons binne daardie raamwerk met jou kan gesprek
voer. Die lekker heen en weer redeneer wat op hierdie groep moontlik
is sal juis net sinvol wees as wedersyds erkenning aan
meningsverskille gegee kan word.

> Nou, op hierdie nuusgroep sal daar
> hopelik openlike meningsverskille toe-
> gelaat word, en sal dit dus die
> demokratiese wese van die Afrikaans-
> sprekendes (wit, bruin en swart)
> weerspieel.

Sal jy meer respekvol wees teenoor mense wat van jou verskil as in die
verlede en eerder die idee as die persoon aanval? Ek hoop so en dan
ondersteun ek jou standpunt al die pad!

> En as daar iemand op die toneel
> verskyn, wat almal wat van hom verskil
> uitmaak vir uit die bose, dan sal ons
> sulke persone uitdui vir wat hulle is.
> Terloops, kan jy vir my verduidelik
> wat jou "politiek" is?

Dis nie so maklik om in 'n paar sinne op te som nie. Ek was eers
uiters liberaal, as student. Ek het JA gestem in die referendum. Ek
was bly die dag toe die ANC ontban is en die spanning op straat kon
verdwyn. Mettertyd het ek meer en meer onreg gesien vanuit die swart
kant en het ek met ontsteltenis begin agterkom dat daar by die
oorgrote meerderheid swart mense nie die wil, of die lus, of die
vermoë is om hulle lot te verbeter nie. Beckett het met sy reeks
programme "Becketts Trek" dit baie mooi uitgewys al is ek oortuig hy
wou die teenoorgestelde kant die SA samelewing uitwys.

Alles in SA word korrupter, duurder, belagliker, gevaarliker en die
swart politici in SA wat iets werd is, soos Sexwale, gee pad na die
privaatsektor toe.

My politiek? Ek hoop jy kan uit die klein stukkie aflei dat dit
geweldig deurmekaar is, wat swart Afrika betref.

Maar, ek is gelukkig om te sê, al kan ek nie stem nie, skree ek
deesdae vir die Republikeinse Party hier in Amerika waar ek bly.

Ek bly in 'n wit enklawe en voel nie skuldig daaroor nie. Ek bly in
een van die witste dele van Amerika. Ek het hier vriende waar die man
wit is en die vrou ófro-American", ons is met twee gesinne Indiers
bevriend - een waarmee ons net Afrikaans praat, die ander is uit Indië
self. Ons het Kanadese vriende, ek is redelik bevriend met 'n Indiaan
(rooihuid) wat 'n kunstenaar is in die stokperdjie wat ons beoefen.
Ons het al baie gewone wit Amerikaanse vriende gemaak by ons kerk en
by die YMCA waar ons seuns swemlesse neem.

Ek het vrede bymyself, oor my omstandighede en my politiek. Ek stress
nie meer nie. Ek is gelukkig.

> En kan jy vir
> my verduidelik wat "my" "politiek" is?

Nee, in 'n boksie kan ek jou nie sit nie. En uit baie van jou
plasings lei ek af jy is beide ver regs en ver links. Jy het my
redelik deurmekaar. Verstaan my reg - ek kritiseer dit nie noodwendig
nie - ek gee jou bloot my siening. Ek glo nie mense behoort in
kassies te wees nie - ek wil die vryheid hê om liberaal te voel oor my
vriendskap met swartes en Asiate en konserwatief te voel in my kritiek
teenoor die swartes wat SA so deurtrek.

> Dan maak ons die speelveld ten minste
> gelyk?

Verduidelik vir my hoe jy hierdie cliché verstaan...?

>
> Gloudina
Re: Die Prys [boodskap #14252 is 'n antwoord op boodskap #14230] Sa, 02 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

>
> Sal jy meer respekvol wees teenoor mense wat van jou verskil as in die
> verlede en eerder die idee as die persoon aanval? Ek hoop so en dan
> ondersteun ek jou standpunt al die pad!

Nou Johan, dit klink vir my jy beskuldig
my dat ek die persoon aanval liewer as
dit wat gesê word. Ek dink jy moet terug-
gaan en lees wat ek EN ANDER op hierdie
nuusgroep sê en dan jou eie oordeel vel.
Leendert maak aanhoudend opmerkings op
my persoon, Nico het al herhaaldelik vir
my "jou moer" gesê. En jy het vir my
gesê dat jy nie hou van my "politiek"
nie, en sover ek kan onthou het jy nog
nooit vir my vertel waarom "my" "politiek"
verkeerd en joune reg is nie.

Mettertyd het ek meer en meer onreg gesien vanuit die swart
> kant

So hoekom het jy sulke dubbele standaarde.
Jy het die onreg en die korrupsie gesien
van die apartheidsvarke. Maar toe daar nou
dinge is waarvan jy nie hou nie wat deur die
nuwe regering gedoen word, toe is dit nou
skielik veel erger, ne.

en het ek met ontsteltenis begin agterkom dat daar by die
> oorgrote meerderheid swart mense nie die wil, of die lus, of die
> vermoë is om hulle lot te verbeter nie.

Miskien is die saak baie meer kompleks as
wat jy dink. Miskien is dinge maar nog baie
soos in die ou dae. Die wit boere sit op die
plase en die arme plakkers plak.

> Alles in SA word korrupter, duurder, belagliker, gevaarliker en die
> swart politici in SA wat iets werd is, soos Sexwale, gee pad na die
> privaatsektor toe.

Oppas vir die vreeslike veralgemenings.
Miskien moet jy eers gaan kyk hoe korrup
dit in die twee dekades voor 1994 was,
voor jy sulke dinge sê.

>> En kan jy vir
>> my verduidelik wat "my" "politiek" is?
>
> Nee, in 'n boksie kan ek jou nie sit nie. En uit baie van jou
> plasings lei ek af jy is beide ver regs en ver links. Jy het my
> redelik deurmekaar. Verstaan my reg - ek kritiseer dit nie noodwendig
> nie - ek gee jou bloot my siening.

Hoekom het jy nou skielik so van wysie
verander. Toe jy my vantevore aangespreek
het, het jy verklaar:" ek hou nie van jou
politiek nie. Nou sing jy skielik 'n
ander deuntjie.

Ek glo nie mense behoort in
> kassies te wees nie - ek wil die vryheid hê om liberaal te voel oor my
> vriendskap met swartes en Asiate en konserwatief te voel in my kritiek
> teenoor die swartes wat SA so deurtrek.

O so, jy wil jou koek hê en dit eet.
Jy wil kan sê "ek is nie rassisties
nie" want kyk hoe het ek nou vriende
van alle kleure! Maar jy wil vir jou
die reg toe-eien om vir SA vanuit die
VSA te sit en kritiseer. Ek sal nie
verbaas wees as jy dieselfde begin
sê van die mindergegoede gedeeltes
van die VSA waar meestal "nie-blankes"
bly nie. Wat dink jy van die groot
dele van New York en Chicago en Boston
waar dinge net so ellendig en hopeloos
is soos in SA.

Gloudina
Re: Die Prys [boodskap #14274 is 'n antwoord op boodskap #14230] So, 03 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> Daar was baie minder korrupsie by die vorige regime -

Luister, Johan, jy wil bostaande glo.
Jy weet nie van al die korrupsie nie.
In jou wit laer (en wees nou eerlik
en erken dat jy in 'n beskermde wit
laer geleef het voor 1994) was dit vir
jou noodsaaklik om nie die korrupsie
as korrupsie te sien nie. En nie net
individuele voorbeelde van korrupsie
nie. Wat van die werksreservering van
die apartheidsera. Was dit nie ook
korrupsie op 'n massiewe skaal nie.
Ek stel dit aan jou - jy wil net glo
wat vir jou pas oor die apartheids-
era. En miskien het jy nie in die
regte kringe beweeg om sommige van
die korrupsie te bekyk nie. Die
professore wat aangestel is in
belangrike poste aan Universiteite
net omdat hulle Broederbonders is.
Mense wie se intellektuele kwaliteit
jy mee bekend is, wat skielik vreeslike
belangrike poste in die Opvoedkunde
of Wetsgebied kry. Moenie praat oor
dinge waarvan jy nie weet, of nie wil
weet nie.

>> en het ek met ontsteltenis begin agterkom dat daar by die
>>> oorgrote meerderheid swart mense nie die wil, of die lus, of die
>>> vermoë is om hulle lot te verbeter nie.
>>
>> Miskien is die saak baie meer kompleks as
>> wat jy dink.
>
> Hier is jy ook reg - nie een van ons kan hier al die probleme met 'n
> paar sinne omskryf nie - en ek is bevrees dit word net al hoe erger.

Ek waardeer hierdie bietjie eerlikheid.
Ek dink jy moet met deernis vir jouself
in die plek van die plakker stel, en
dan weer dink wat jy oor hulle sê.
En plakkers is nie net daar in SA nie.
Daar was op 'n keer plakkers wat geboue
in Amsterdam oorgeneem het, en 'n staande
vete met die regering gehad het oor hulle
reg om te plak.
Ek stel ook voor dat jy vir jou in die
plek van die nie-blanke in SA stel. Al is
die politieke mag nou klaarblyklik uit die
hande van die "blankes" is daar nog baie
min verander aan die toestand waarin meeste
van die "nie-blankes" leef. Dit sal dekades
en drastiese sosio-ekonomiese ontwikkelinge
neem voor die deursnee "nie-blanke" kan hoop
om te leef soos die deursnee "blanke." Daar
is natuurlik uitsonderinge. Maar die kanse
is goed dat die deursnee witte in 'n heel
goeie huis bly en 'n sekere hoeveelheid
geld maak, terwyl die deursnee nie-witte
nog in 'n krot of 'n kroek bly. En wat
dink jy moet ons doen, Johan Potgieter?
Reaksioner wees en die status quo soveel
as moontlik behou? Of moet ons Afrikaners,
wie se voorvaders die boodskap van Christus
na die Afrikaanse subkontinent gebring het,
verklaar: Daar moet verandering kom. Reg
en geregtigheid moet geskied. Te lank het
ons voorvaders met die Bybel in die een
hand die bewoners van die land uitgebuit.

Gloudina
Re: Die Prys [boodskap #14275 is 'n antwoord op boodskap #14230] So, 03 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...

> En as daar iemand op die toneel
> verskyn, wat almal wat van hom verskil
> uitmaak vir uit die bose, dan sal ons
> sulke persone uitdui vir wat hulle is.

Pewel preuts die een persoon op hierdie nuusgroep wat sonder ophou almal wat
van haar verskil as bose hekse uitwys.
Re: Die Prys [boodskap #14276 is 'n antwoord op boodskap #14230] So, 03 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
From:
Subject: Re: Die Prys
Date: 01 May 1998 00:00:00 GMT
Message-ID:
Organization: IGS - Information Gateway Services
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans

> "Leendert van Oostrum" writes:
>
>> Jy en Gloudina (jou blue rinse brommer) het al herhaaldelik hier met
> groot
>> geskal ge-eis dat Afrikaners moet stilbly. Gloudina het, inderdaad,
> dit as
>> haar hooffunksie uitgespel om Afrikaners die swye op te lê.
>
> Jy lieg, Leendert. Jy lieg. En niemand
> behalwe jyself glo jou leuens nie. As
> ek 'n agenda het, is dit om te praat
> as Afrikaner en as teenwig te dien teen
> die gif wat jy versprei in die naam
> van die Afrikaner.

Watter gif, Gloudina? Spesifiseer asseblief aan die hand van my boodskappe
watter "gif" ek volgens jou versprei.

> Daar is ander
> Afrikaners wat soos ek voel binne en
> buite SA,

Ongetwyfeld. Ek gril by die gedagte, maar dit is hul goeie reg.

>
>> Soos jy self aangetoon het, "Sizwe", was die gedwonge swye van die vorige
>> bedeling waarskynlik die mees onderdrukkende aspek daarvan. Wat jy miskien
>> nie besef nie, is die mate waartoe Afrikaners onder dieselfde dwang gestaan
>> het.
>
> Siestog. Nou begin jy jou ook skaar
> by daardie mense wat Apartheid
> benadeel het. Hoekom skryf jy nie
> daaroor nie - hoe die Afrikaners
> stilgebly het. Dit sal nuttig wees.

Hmmm... Nog een om daaroor te skryf - dink jy nie dit sou oorbodig wees nie?
Ek dag jy weet reeds alles daarvan.

>
>>
>> Nee, "Sizwe". Jy stal jou wonde inderdaad uit. Nie as egte en bloot opregte
>> kommunikase van 'n outentieke ervaring nie, maar, net soos die bedelaar in
>> die Hagia Sofia, as handelsmiddel in 'n magstryd. En die prys wat jy vra vir
>> "rekonsiliasie" is inderdaad nie in die eerste plek geld nie (dit ook), maar
>> 'n veel hoër een.
>>
>> Jy en die brommers eis swye.
>
> Nee, Leendert, ons eis eerlikheid en
> ons eis dat jy en jou trawante sal
> ophou om vir ons te sê ons is sleg.

Begin deur eerlik te wees, Gloudina. Dan kan jy dit miskien begin oorweeg om
eise te stel.

> Wie het julle in alle geval nou nodig?

Hmmm... Wie is "Julle"?

>
>> Dit is een van die redes waarom Radio Pretoria reeds 'n sattelietkanaal
>> bedryf - vir die dag wanneer sy uitsaailisensie weggeneem word. Miskien ook
>> vir die dag wanneer hy uit die buiteland moet werk omdat sy organisasie nie
>> voldoen aan die kwotas wat gestel word deur die plaaslike arbeidswetgewing
>> nie.
>
> Ha, hier steek die ware Jakob se kop
> uit. Radio Pretoria bereid om uit die
> buiteland te werk?

Foutjie! Ek weet nie of Radio Pretoria bereid is om uit die buiteland te
werk nie. Die woord "miskien" dui op die feit dat dit iets is wat ek as 'n
moontlikheid voorsien.

> En dis jy, Leendert,
> wat nou die dag gesê het dat die AWB-
> mense so maklik emigreer, omdat dit vir
> hulle nie in die eerste plek oor taal
> en kultuur gaan nie.

Huh? En wat het dit te doen met 'n volksgesinde radiostasie wat moontlik
gedwing mag word om uit die buiteland te werk (onthou Radio Freedom?).

> Leendert, dis
> nou vir my duidelik, baie duidelik
> waaroor dit gaan. 'n Geveg vir mag,
> van verlore mag.

Wow! Hierdie een sal jy vir my moet verduidelik. Na watter soort "mag"
verwys jy, en waarin lê die "geveg" wat jy waarneem?

> Jy is ook maar een
> van hulle. Nie 'n goeie nederige
> Afrikaner nie - maar een van hulle.
> Sies.

Huh? Wie is "hulle"? En in watter opsig is "hulle" nie "goeie nederige
Afrikaners" nie?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Die Prys [boodskap #14277 is 'n antwoord op boodskap #14230] So, 03 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 2 May 1998 21:37:39 GMT, wrote:

> Nou Johan, dit klink vir my jy beskuldig
> my dat ek die persoon aanval liewer as
> dit wat gesê word. Ek dink jy moet terug-
> gaan en lees wat ek EN ANDER op hierdie
> nuusgroep sê en dan jou eie oordeel vel.

Ek het, maar ek wil nie terugkyk nie - eerder vorentoe en daar hoop ek
ons sal almal mekaar se persone respekteer.

> Leendert maak aanhoudend opmerkings op
> my persoon, Nico het al herhaaldelik vir
> my "jou moer" gesê.

Net omdat ander dit doen, beteken nie dis maar goed dat ons dit ook
doen nie - kom ons probeer eerder aan hulle 'n beter voorbeeld stel.

> En jy het vir my
> gesê dat jy nie hou van my "politiek"
> nie,

Dis wat ek bedoel - ek kritiseer jou standpunt en nie jou as persoon
nie - ons mag mos verskillende politieke standpunte hê!

> en sover ek kan onthou het jy nog
> nooit vir my vertel waarom "my" "politiek"
> verkeerd en joune reg is nie.

Een is nie reg en die ander verkeerd nie - hulle verskil bloot en elke
persoon sal ons twee sienings anders beoordeel met betrekking tot hul
eie verwysingsraamwerk. Dis binne so 'n wedersydse respek wat ek
graag sal wil hê ons moet gesprek voer. Kan jy?

>
> Mettertyd het ek meer en meer onreg gesien vanuit die swart
>> kant
>
> So hoekom het jy sulke dubbele standaarde.

Ek weet nie Gloudina, maar dat dit wel so is, is 'n feit.

> Jy het die onreg en die korrupsie gesien
> van die apartheidsvarke. Maar toe daar nou
> dinge is waarvan jy nie hou nie wat deur die
> nuwe regering gedoen word, toe is dit nou
> skielik veel erger, ne.

Vanuit my verwysingsraamwerk was dit defnitief veel erger. Jy is reg.
En ook van die baie swart mense met wie ek kontak gehad het, se
verwysingsraamwerk. Ek het by hulle so 'n groot mate van frustrasie
teegekom dat die nuwe regering nie vir hulle kan produseer soos belowe
is nie.

Daar was baie minder korrupsie by die vorige regime - ek dink dit is
deesdae blatant duidelik dat die huidige bestel 'n reuse probleem met
korrupsie het en dit word nie eers weggesteek nie.

>
> en het ek met ontsteltenis begin agterkom dat daar by die
>> oorgrote meerderheid swart mense nie die wil, of die lus, of die
>> vermoë is om hulle lot te verbeter nie.
>
> Miskien is die saak baie meer kompleks as
> wat jy dink.

Hier is jy ook reg - nie een van ons kan hier al die probleme met 'n
paar sinne omskryf nie - en ek is bevrees dit word net al hoe erger.

> Miskien is dinge maar nog baie
> soos in die ou dae. Die wit boere sit op die
> plase en die arme plakkers plak.

Ja, met een groot verskil - kyk hoe verminder die kosproduksie op wit
plase - hulle produseer net om die kinder deur universiteit te sien en
nie meer volgens die plase se volle kapasiteit nie - in die Vrystaat,
in elk geval.

En nog 'n groot verskil: daar is vandag elektrisiteit aan gelê na die
plakkerskampe toe met gratis toevoer - nie so bedoel nie, maar daar
word net doodeenvoudig nie voor betaal deur die gebruikers nie - die
wittes moet nog maar steed op groot skaal subsideer.

>
>
>> Alles in SA word korrupter, duurder, belagliker, gevaarliker en die
>> swart politici in SA wat iets werd is, soos Sexwale, gee pad na die
>> privaatsektor toe.
>
> Oppas vir die vreeslike veralgemenings.

Heeltemal geregverdig - dit is al so erg dat die uitsonderings al hoe
meer verdwerg word. 'n Veralgemening laat nie die feite verander nie
- dit ignoreer dalk net een of twee uitsonderings.

> Miskien moet jy eers gaan kyk hoe korrup
> dit in die twee dekades voor 1994 was,
> voor jy sulke dinge sê.

Ek was daar en nie naastenby so baie korrupsie was teenwoordig soos
tot onlangs nie.

>
>>> En kan jy vir
>>> my verduidelik wat "my" "politiek" is?
>>
>> Nee, in 'n boksie kan ek jou nie sit nie. En uit baie van jou
>> plasings lei ek af jy is beide ver regs en ver links. Jy het my
>> redelik deurmekaar. Verstaan my reg - ek kritiseer dit nie noodwendig
>> nie - ek gee jou bloot my siening.
>
> Hoekom het jy nou skielik so van wysie
> verander. Toe jy my vantevore aangespreek
> het, het jy verklaar:" ek hou nie van jou
> politiek nie. Nou sing jy skielik 'n
> ander deuntjie.

Ek het nie van wysie verander nie - let op na my woorde : EK hou nie
van jou politiek nie - met die klem op EK. Jy kan enige politieke
siening handhaaf wat jy wil en ons kan dit bespreek, maar ek hoef
steeds nie daarvan te hou nie!

Hier bo sê ek dat ek nie noodwendig die feit kritiseer dat jy beide
regs en links is nie. Ek dink dat jy dit makliker sal vind as jy meer
konsentreer wanneer jy die kommentaar lees.

>
> Ek glo nie mense behoort in
>> kassies te wees nie - ek wil die vryheid hê om liberaal te voel oor my
>> vriendskap met swartes en Asiate en konserwatief te voel in my kritiek
>> teenoor die swartes wat SA so deurtrek.
>
> O so, jy wil jou koek hê en dit eet.
> Jy wil kan sê "ek is nie rassisties
> nie" want kyk hoe het ek nou vriende
> van alle kleure!

My definisie van rassisme en joune verskil seker maar. Ek haat geen
ander ras op grond van die feit dat hulle 'n ander ras as ek is nie,
so die anderskleuriges waarmee ek vriende is, kon ek nie afskryf bloot
op grond van hulle kleur nie. Die swartes wat ek in SA geken het en
vir wie ek baie respek gehad het, kan ek nie oor dieselfde kam skeer
as my ongelukkigheid met die swart regering wat die land deurtrek nie.

Die hele kwessie is ook baie meer kompleks as wat ek hier vir jou kan
verduidelik. Ek kan maar net die feite stel - al verstaan ek hulle
ook nie altyd nie.

Maar een ding weet ek, hoe ek ook al persoonlik oor rasse, die ou en
nuwe SA regerings en anderskleurige vriende voel, dit verander nie die
feit dat dit nou maar sleg blyk te gaan in SA nie.

> Maar jy wil vir jou
> die reg toe-eien om vir SA vanuit die
> VSA te sit en kritiseer.

Is dit nie maar wat jy ook teenooor die res van ons doen nie? Ek ja,
ek eien my die reg toe - ek het nog 'n ma wat daar bly oor wie ek baie
bekommerd is - sy bly alleen in 'n huis en ek weet sy is daarom nie
baie veilig nie.

Weereens verwysings raamwerk wat geld, maar dalk het ek meer reg om te
kritiseer - dis as gevolg van die dinge wat ek kritiseer dat ek
hoegenaamd oorweeg het om my geboorteland te verlaat - ek vermoed jy
sal simpatie hiermee hê aangesien jy oor dieselfde rede die land
verlaat het.

> Ek sal nie
> verbaas wees as jy dieselfde begin
> sê van die mindergegoede gedeeltes
> van die VSA waar meestal "nie-blankes"
> bly nie. Wat dink jy van die groot
> dele van New York en Chicago en Boston
> waar dinge net so ellendig en hopeloos
> is soos in SA.
>
> Gloudina
>
Jy is heeltemal reg - ek sê dieselfde, want ek glo elke mens dra
verantwoordelikheid vir sy eie lot en saligheid. Kom kyk hier by ons
hoe het swart mense in arm buurtes hulleself reeds opgehef! Dis baie
goed om te sien - en as hulle dit wil doen, is daar nie eiende aan die
hulp wat hulle kry nie. Maar die algemene gevoel hier in ons deel van
Amerika is dat almal gelyke geleenthede het en dat almal kan werk vir
'n goeie lewe. En dit geld op alle vlakke - van die Federale en
staats regerings wat belasting voordele bied aan mense wat bereid is
om te werk, tot op "voetsool vlak" waar ons kerk ook net betrokke raak
by projekte waar die mense bewys dat hulle hulle eie kant sal bring.

Ek vergeet nou wat hulle die prjek noem, maar dit llop blykbaar al
meer as twaalf jaar: Iemand wat baie min verdien, maar bewys dat
hulle wel bereid is om te werk en nie op die dole sit nie, kry
jaarliks 'n bonus tjek as terugbetaling van die regering af!! Hulle
betaal in die eerste plek nie belasting nie en dan kry hulle nog geld
ook! Daar is natuurlik allerlei checks en balances ingebou sodat die
stelsel nie ook maar net misbruik kan word nie - ek dink byvoorbeeld
dat die persoon by een werkgewer moet bly.

Plak en demand is hier nie 'n opsie nie.

En wat my so positief stem is dat ek hier sien dat daar 'n algemene
persepsie is dat mense wel hulle lot van armoede kan omkeer en dat
hulle aan HULLESELF hulle menswaardigheid weer kan teruggee!

Ek het baie moed vir Amerika se toekoms!

Baie groete

Johan
Re: Die Prys [boodskap #14294 is 'n antwoord op boodskap #14230] Ma, 04 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:
>
>
>>> In jou wit laer (en wees nou eerlik
>>> en erken dat jy in 'n beskermde wit
>>> laer geleef het voor 1994)
>>
>> ... dit was 'n absolute fees ....
>
>
>
> So, Johan, I rest my case. Dis nou
> die crux van die saak. Ek het niks
> verder te sê aan iemand wat so
> voel oor die apartheidsregime nie.
> Leendert het ten minste op een
> stadium gesê hy bly gelukkiger
> in die nuwe bedeling as onder
> die apartheidsregime.

Dit is steeds die geval dat ek die "nuwe" Suid-Afrika by verre verkies bo
die "oue".

Maar dit word daagliks minder waar as ek kyk hoe die ANC hul mag misbruik om
SARVU by te kom. Die sinisme daarvan, die arrogansie en die skaamtelose
eiebelang wat tevore so bekend was onder die "Agbare Ministers" kom elke dag
duideliker na vore.

Die premier van Gauteng, die ekonomiese hartland van die land, staan onder
verdenking van ernstiger misdrywe as wat ooit voor Luyt se deur gelê is.
Terwyl daar geen getuienis gebring is wat die klagtes oor Luyt steun nie,
het die ANC se "interne kommissie" veel rede gevind om hul provinsiale
premier te betig.

Vir die premier, in 'n posisie met veel groter verantwoordelikheid as die
voorsitter van SARVU, eindig die saak daar. In die geval van SARVU, egter,
dreig selfs die
minister van sport en die parlementêre ANC nou om spelers visums te weier,
ens. Dit is skaamtelose inmenging met die regte van die burgerlike
samelewing terwyl die wurms van die regering onder die mat gevee word.

As ek kyk na die voornemens van die ANC om 'n tweederdemeerderheid te bekom
in die verkiesing sodat hulle die waghondinstellings wat die grondwet
daarstel kan wegvee sodat hulle "without fetters" kan regeer, dan reken ek
dat die hoogtepunt van "apartheid" soos dit in propaganda beskryf word
binnekort sal lyk na die hoogtepunt van "good governance".

Want sien, sonder sy onderhandelde grondwet sal die "nuwe" Suid-Afrika maar
net dieselfde wees as die "ou" Suid-Afrika. Net erger, want die
menseregteridders in die buiteland - soos Gloudina - wil nie daarvan weet
dat hul "helde van die struggle" eintlik maar skurke is nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Die Prys [boodskap #14295 is 'n antwoord op boodskap #14230] Ma, 04 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 3 May 1998 20:31:39 GMT, wrote:

>> Daar was baie minder korrupsie by die vorige regime -
>
> Luister, Johan, jy wil bostaande glo.

... en jy wil nie .....

> Jy weet nie van al die korrupsie nie.

... jy weet van dit alles - hoekom het jy nie die koerante daarvan
vertel nie - hoekom het jy nie gehelp om dit bloot te lê nie ?

> In jou wit laer (en wees nou eerlik
> en erken dat jy in 'n beskermde wit
> laer geleef het voor 1994)

... dit was 'n absolute fees ....

> was dit vir
> jou noodsaaklik om nie die korrupsie
> as korrupsie te sien nie.

... en dis wat jy met die huidige bestel doen - so ek kan nie te
verkeerd wees nie !

> En nie net
> individuele voorbeelde van korrupsie
> nie. Wat van die werksreservering van
> die apartheidsera. Was dit nie ook
> korrupsie op 'n massiewe skaal nie.

Nee, dit het 'n ander geskiedenis gehad.

> Ek stel dit aan jou - jy wil net glo
> wat vir jou pas oor die apartheids-
> era.

...klaarblyklik jy ook, so ek bevind my in goeie geselskap!

> En miskien het jy nie in die
> regte kringe beweeg om sommige van
> die korrupsie te bekyk nie.

... het jy sulke kringe in Kanada gehad ? Vertel ons meer !

> Die
> professore wat aangestel is in
> belangrike poste aan Universiteite
> net omdat hulle Broederbonders is.
> Mense wie se intellektuele kwaliteit
> jy mee bekend is, wat skielik vreeslike
> belangrike poste in die Opvoedkunde
> of Wetsgebied kry. Moenie praat oor
> dinge waarvan jy nie weet, of nie wil
> weet nie.

Jy is so goed bekend met wat ek weet en nie weet nie - dit verbaas my!
Hoe weet jy dit alles - vertel my meer - ek is baie nuuskierig!

>>> en het ek met ontsteltenis begin agterkom dat daar by die
>>>> oorgrote meerderheid swart mense nie die wil, of die lus, of die
>>>> vermoë is om hulle lot te verbeter nie.
>>>
>>> Miskien is die saak baie meer kompleks as
>>> wat jy dink.
>>
>> Hier is jy ook reg - nie een van ons kan hier al die probleme met 'n
>> paar sinne omskryf nie - en ek is bevrees dit word net al hoe erger.
>
> Ek waardeer hierdie bietjie eerlikheid.
> Ek dink jy moet met deernis vir jouself
> in die plek van die plakker stel, en
> dan weer dink wat jy oor hulle sê.

Ek sal my bes doen om myself daaruit op te hef. Trouens ek sou in die
eerste plek nie daar beland het nie, maar aangebly het in my tuisland
waar ek 'n ordentlike waterdigte hut gehad het en grond om te bewerk.

Geen deernis van my kant af nie - baie min mense op hierdie aarde is
gedwing om plakkers te wees - die enigste onskuldiges is die wat so
gebore is. Maar in Sa is die meeste plakkers uit vrye keuse - gaan
kyk in die kaapstadse omgewing hoe baie mense het uit Transkei en
Ciskei soontoe gestrrom om te gaan plak. Geen simpatie nie.

> En plakkers is nie net daar in SA nie.
> Daar was op 'n keer plakkers wat geboue
> in Amsterdam oorgeneem het, en 'n staande
> vete met die regering gehad het oor hulle
> reg om te plak.

Ek hoop jy het ook kennis geneem van die kleur van hierdie plakkers
...

> Ek stel ook voor dat jy vir jou in die
> plek van die nie-blanke in SA stel. Al is
> die politieke mag nou klaarblyklik uit die
> hande van die "blankes" is daar nog baie
> min verander aan die toestand waarin meeste
> van die "nie-blankes" leef. Dit sal dekades
> en drastiese sosio-ekonomiese ontwikkelinge
> neem voor die deursnee "nie-blanke" kan hoop
> om te leef soos die deursnee "blanke." Daar
> is natuurlik uitsonderinge. Maar die kanse
> is goed dat die deursnee witte in 'n heel
> goeie huis bly en 'n sekere hoeveelheid
> geld maak, terwyl die deursnee nie-witte
> nog in 'n krot of 'n kroek bly. En wat
> dink jy moet ons doen, Johan Potgieter?

Absoluut niks nie - hulle kan nou self vir hulleself begin doen -
hulle het nou die politieke mag en kan nie meer agter apartheid skuil
vir hulle slegtigheid nie.

> Reaksioner wees en die status quo soveel
> as moontlik behou? Of moet ons Afrikaners,
> wie se voorvaders die boodskap van Christus
> na die Afrikaanse subkontinent gebring het,
> verklaar: Daar moet verandering kom. Reg
> en geregtigheid moet geskied. Te lank het
> ons voorvaders met die Bybel in die een
> hand die bewoners van die land uitgebuit.

En aan hulle ons godsdiens en mediese sorg gebring ....
>
> Gloudina
>
Re: Die Prys [boodskap #14296 is 'n antwoord op boodskap #14230] Ma, 04 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

>> In jou wit laer (en wees nou eerlik
>> en erken dat jy in 'n beskermde wit
>> laer geleef het voor 1994)
>
> ... dit was 'n absolute fees ....

So, Johan, I rest my case. Dis nou
die crux van die saak. Ek het niks
verder te sê aan iemand wat so
voel oor die apartheidsregime nie.
Leendert het ten minste op een
stadium gesê hy bly gelukkiger
in die nuwe bedeling as onder
die apartheidsregime.

Gloudina
Vorige onderwerp: Tsumeb kan spookdorp word
Volgende onderwerp: www.afrikaans.com: positiewe aandag vir afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 14:09:51 MGT 2024