Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tsumeb kan spookdorp word
Tsumeb kan spookdorp word [boodskap #14087] Ma, 27 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Secret Squirrel  is tans af-lyn  Secret Squirrel
Boodskappe: 34
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
That's terrible news.

Has this been confirmed or is it just probable at this stage?

Squirrel
Re: Tsumeb [boodskap #14214 is 'n antwoord op boodskap #14087] Vr, 01 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie  is tans af-lyn  Frikkie
Boodskappe: 15
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek het in 1980 by Tsumeb Corporation Ltd (TCL) begin werk as 'n leerling
Ingenieurstekenaar. Daardie stadium het TCL aan 'n Amerikaanse myngroep,
byname Neumont, behoort. Die Algemene Bestuurder was ene meneer Brain
Woolfe.

Die TCL groep het bestaan uit De Wet Skag en die Smelters in Tsumeb, Kombat
myn (90 km weg), asook Matchless myn naby Windhoek. TCL het daai tyd omtrent
7000 wernemers gehad. Koperpryse was goed en ons het uitstekende salarisse
gehad.

TCL het 'n klomp plase rondom Tsumeb besit. Groente is gekweek vir die
hostels en 'n groot melkery het die dorp van melk voorsien. Ons het
gesubsidieerde melkkoeponne by die hoofkantoor gekoop en melk gaan afhaal by
die Mole-Mole Depot.

Die hele dorp het basies aan TCL behoort. Die pragtige Minen Hotel, die
hospitaal, die watervoorsiening vanuit De Wet Skag, die vliegveld, die
golfbaan, sekere besigheidsgeboue ens. het alles aan TCL behoort.

Ek is na 18 jaar nog steeds 'n werknemer van TCL. Baie dinge het verander
oor 18 jaar. Gold Fields Suid Afrika het by Neumont oorgekoop. Die beeste
en plase is verkoop. Die Minen Hotel verkoop. Die koperprys het verlaag,
koste van arbeid, elektrisiteit, vervoer, kole, onderdele het verhoog. De
Wet skag is uitgemyn. Die grensoorlog is verby. Die Namibiese politiek het
verander. Die mynwerkersunie het groot geword en dikstem gekry.

Kombatmyn is hoë risikomyn met masiewe ondergrondse watergevare. (10 jaar
terug het die water deurgebreek, die myn tot in die bek versuip, sewe mense
gedood, 'n jaar lank en miljoene rande gekos om die waterskeur te seël en
die myn te ontwater). Matchlessmyn is toegemaak en afgebreek en 70% van
Otjihasemyn naby Windhoek is by JCI gekoop.

Laasweek het ons 'n fax ontvang wat ons kort en kragtig meedeel om huis toe
te gaan. Daar was 'n aansoek om likwidasie. Die hof het die aansoek tydelik
tot 29 Mei toegestaan. TCL skuld miljoene. 2000 TCL werknemers se toekoms is
duister. Baie het nog 'n vae geloof dat 'n wonderwerk mag gebeur en dat
iemand TCL mag koop, ons uit die gemors uithelp en ons ons werk teruggee.

Die Tsumeb van die tagtigers was 'n pragtige, besige plek met Flambojante,
Jakarandas en Bougainvilleas op die sypaadjies. Tannie Sachse se Immergrun
Florist, oorlede Johhnies Drankwinkel, Schlügel se kafee, tannie Shatz se
museum, kommandant Lukas Nel, Weyands Jewelers, Forsters for Fashions, Oom
Bob Meiring, Tonie Botes, Larry Mills, Piet du Preez - dit is' en was
Tsumeb.

TCL se likwidasie gaan Tsumeb in 'n paar weke meer verander as die 18jaar se
veranderings wat ek aanskou het. Tsumeb is dood - lank lewe Tsumeb!

Frikkie

Robert wrote in message ...
> Hoe is dit om in Tsumeb groot te word? Kan jy daaroor vertel in hierdie
> nuusgroep? (eksuus vir my slegte Afrikaans, ek is net 'n kaaskop:)
>
> Robert.
>
> Letitia de Lima heeft geschreven in bericht
> ...
>>
>>
>> Ek het in Tsumeb grootgeword en my pa was (en is steeds deeltyds) 'n
>> programeerder vir Gold Fields (die myn was voorheen 'n Anglo America myn).
>> Hy het die storie oor Tsumeb vroeer die week uit Walvisbaai bevestig. Die
>> sluiting van die myn sal die einde van Tsumeb as hoofsentrum van die Noorde
>> beteken - genoeg om 'n mens se hart te breek.
>> Letitia
>
Re: Tsumeb [boodskap #14240 is 'n antwoord op boodskap #14087] Sa, 02 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Frikkie" writes:

> Die Tsumeb van die tagtigers was 'n pragtige, besige plek met Flambojante,
> Jakarandas en Bougainvilleas op die sypaadjies.

Frikkie, baie dankie vir hierdie
beskrywing van Tsumeb. Ek was nog
nooit daar nie. Nog nooit in
Namibia nie, alhoewel ek daar naby
op die Oranje-rivier grootgeword
het. Een van my kinders het egter
verlede jaar daar getoer.
Ek is veral bly dat jy praat van
"Flambojante." Ek kan dit so goed
onthou uit die dae wat ek in Natal
deurgebring het, maar die naam het
my totaal ontval. Dankie dat jy
my daaraan herinner het.

Gloudina
re : Tsumeb [boodskap #14256 is 'n antwoord op boodskap #14087] Sa, 02 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Letitia de Lima  is tans af-lyn  Letitia de Lima
Boodskappe: 5
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Letitia de Lima van del...@bigpond.com.au

Uit 'n reenerige Australie - Gold Coast -
Ek het in Tsumeb grootgeword. My nooiensvan was De Jager en my pa het TCL
op rekenaar gesit - Hans de Jager. Ek het Tsumeb in 1981 verlaat om in
Potchefstroom te gaan studeer en het Desember vakansies in the Time Office
(Norma le Roux) gewerk. Ek dink nounog aan Tsumeb as my "huis". Hou my op
hoogte!
Re: re : Tsumeb [boodskap #14316 is 'n antwoord op boodskap #14256] Ma, 04 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
san...  is tans af-lyn  san...
Boodskappe: 6
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Letitia de Lima wrote:

> Letitia de Lima van del...@bigpond.com.au
>
> Uit 'n reenerige Australie - Gold Coast -
> Ek het in Tsumeb grootgeword. My nooiensvan was De Jager en my pa het
> TCL
> op rekenaar gesit - Hans de Jager. Ek het Tsumeb in 1981 verlaat om
> in
> Potchefstroom te gaan studeer en het Desember vakansies in the Time
> Office
> (Norma le Roux) gewerk. Ek dink nounog aan Tsumeb as my "huis". Hou
> my op
> hoogte!

Nog 'n Suidwester in Aus:)) Ek is in Toowoomba op die oomblik en het
in die Kavango grootgeword - baie teen Tsumeb rugby gespeel ens. Ek het
'n hele klomp virende in Tsumeb en Grootfontein gehad. Ek dink baie
terug aan die wereld, harde koedoe en eland areas:)
Sal graag wil sien hoe dit nou daar gaan.
Groete
Vorige onderwerp: WEEK 16/98
Volgende onderwerp: Die Prys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 04:59:45 MGT 2024