Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die monster
die monster [boodskap #140092] Do, 25 Augustus 2022 11:42
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
julle moet versigtig loop alle mense
want hier is ‘n monster tussen ons
sy wreedheid ken geen grense
en laat alle kommunikasielyne gons

anders as die dier wat slegs doodmaak om te eet
of sy gebied en gesin te beskerm
hou hierdie monster aan met vreet
sonder om hom oor enigiets te ontferm

selfs nie die insek of reptiel
sal doodmaak vir genot
maar hierdie monster verniel
ongeag die Wil van God

hy kamoefleer homself in die menslike liggaam
sodat hy onsigbaar tussen ons kan beweeg
terwyl hy sonder om hom te skaam
die lewe uit sy prooi uit veeg

sy prooi is onskuldige meisies
wat spontaan die lewe geniet
want hierdie monster verkies
om spontaniteit te omskep in verdriet
Vorige onderwerp: storms
Volgende onderwerp: om werklik te luister
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 21:13:44 MGT 2024