Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » storms
storms [boodskap #140050] Do, 18 Augustus 2022 15:50
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
buite is ‘n storm besig om homself uit te woed
van die kleinste plantjie tot die grootste boom
moet verbete vasklou om nie ontwortel te raak
deur ‘n wind wat alles wat in sy pad kom mee wil sleur
om dit dan ‘n ent verder verpletter agter te laat
waar bruisende modderwater deur die reën veroorsaak
dit sal optel en iewers teen ‘n muur of boomstam gaan vasspoel
of dit dobberend sal laat ronddrywe in ‘n oorstroomde straat of erf
terwyl halfbevrore mens en dier ‘n droë plekkie soek
om van die allesvernietigende natuurwoede te ontvlug

binne is ‘n ander storm ook besig om homself uit te woed
van die kleinste gedagtetjie tot die grootste droom
moet onverskrokke baklei om nie afgebreek te word
deur ‘n vraagoseaan wat alle positiwiteit uitmekaar wil skeur
om dit dan met negatiwiteit en onsekerheid te vervang
totdat dit die ganse breinstelsel en elke hartkamer oorstroom
van waar dit elke uithoek van die liggaam bereik
en normale spierbeweging in chaos omskep
terwyl ek met my laaste krag hard daarteen stry
om nie antwoorde op hierdie see van vrae te probeer kry

maar om my sig op U gevestig te hou
omdat slegs U die antwoorde ken
en U hulle op U tyd aan my bekend sal maak
Vorige onderwerp: oorlogskloof
Volgende onderwerp: die monster
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:15:24 MGT 2024