Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » my land - suid-afrika
my land - suid-afrika [boodskap #139836] Sa, 30 Julie 2022 22:10
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
as pasgebore kind
het ek my in een van die heel pragtigste lande bevind
‘n land waar mense van verskillende kulture
in spontane harmonie met mekaar lewe
‘n land waar ‘n dierverskeidenheid
daagliks die vlaktes en riviere en lugruim deel
sonder om die natuur te ontneem van sy ryke plantverskeidenheid

as opgroeiende kind
het ek my in een van die politiekbedrywigste lande bevind
‘n land waar mense van verskillende kulture
in haat teenoor alle witmense lewe
as gevolg van die apartheidsbeleid
wat nie-wittes verbied om die land met wittes te deel
‘n land waar miljoene mense met nuwe oë kyk na hul eie identiteit

as destydsgebore kind
is dit een van die heel gevaarlikste lande waarin ek my bevind
‘n land waar mense van verskillende kulture
in uiterste vrees vir ander mense lewe
weens die misdadigers se moordmetodeverskeidenheid
‘n land waar mense daagliks moor en verkrag en steel
as gevolg van ‘n algehele gebrek aan ‘n misdaadbeleid
Vorige onderwerp: om werklik arm te wees
Volgende onderwerp: wanneer wil vergaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:46:25 MGT 2024