Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » ek wens ek was
ek wens ek was [boodskap #139749] Sa, 23 Julie 2022 13:24
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek wens ek was ‘n voëltjie
wat van vroeg tot laat
soete klanke op ore kon laat val

ek wens ek was ’n dolfyn
wat daagliks
drenkelinge te hulp kon snel

ek wens ek was ’n perd
wat in oorlogstye
gewondes na veiligheid kon neem

ek wens ek was ’n vlinder
wat op warm somersdae
kinders kon vermaak

ek wens ek was ’n wyse
wat elke sekonde
al die antwoorde kon ken

maar ek is nie

ek is net ’n eenvoudige mens
met vele foute
deur God geskape
Vorige onderwerp: vadersdag
Volgende onderwerp: tafelberg - magtige rots van die kaap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 18:23:17 MGT 2024