Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » pen en papier
pen en papier [boodskap #139643] Di, 05 Julie 2022 13:48
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
pen en papier
neem my na interessante plekke ver van hier
lank reeds vergete gehuggies in die binneland
steeds groeiende wêreldstede aan die kus
en onherbergsame duine woestynsand
lê almal op die roete van my parker-bus

pen en papier
verskaf my maandelange plesier
as ek reis na vreemde lande oor die groot oseaan
waar ek kennis maak met beskawings klein en groot
of meer leer oor my voorouers se bestaan
as ek na hul lande van herkoms seil met my parker-boot

pen en papier
neem my selfs ligjare ver van hier
op reise na melkweë ver anderkant die mens se begrip
waar ek lewens sien wat van hoë intelligensie getuig
ek laat nie die kleinste kosmiese detail my oog ontglip
terwyl ek tussen die konstellasies deur vlieg met my parker-tuig
Vorige onderwerp: hello ruimtebewoner
Volgende onderwerp: ek en jy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 14:13:14 MGT 2024