Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » hello ruimtebewoner
hello ruimtebewoner [boodskap #139641] Di, 05 Julie 2022 11:45
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
sê my, ruimtebewoner
wat sien jy presies as jy daar voor jou komperskerm sit
en kyk na al die gebeure hier op planeet aarde
maak dit jou opgewonde om meer oor ons uit te vind
en dink jy trots aan ons as mede-ruimtebewoners
of vul dit jou met afsku om te kyk na die wreedheid
waarmee die mens elke vorm van lewe hier vernietig
en is jy dankbaar dat ons ligjare ver van jou is

is dit, ruimtebewoner
die rede waarom jy nog nooit met ons kontak kon maak
omdat ons soveel ligjare van jou verwyder is
en jy nog nie beskik oor ‘n tuig wat so ver kan reis
of het die doen-en-late van die mens jou so geskok
dat jy van sein verander wanneer jou kleintjies nader
voordat hul die mens kan na-aap om so ook jou wêreld
te verwoes deur ‘n kosmiese rommelhoop daarvan te maak
Vorige onderwerp: om dankie te sê
Volgende onderwerp: pen en papier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 23:48:23 MGT 2024