Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onthaal
onthaal [boodskap #139409] Wo, 18 Mei 2022 15:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18626
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onthaal
Afbreking: ont•haal


Werkwoord: onthaal
Verlede tyd: het onthaal

Betekenis:
• Om mense feestelik te ontvang en te trakteer.

Gebruik:
• Die koning het hom herken en hom tien dae en nagte lank onthaal.

Vertaling:
Engels: to treat, entertain, receive
Nederlands: onthalen


Selfstandige naamwoord: onthaal
Meervoud: onthale
Verkleinwoord: onthaaltjie
Meervoud van verkleining: onthaaltjies

Betekenis:
• 'n Feestelike geleentheid waartydens iemand verwelkom of iets gevier word.

Gebruik:
• Die spioen het hom as 'n kelner vermom om toegang tot die onthaal te verkry.

Sinoniem:
• funksie
• geleentheid
• geselligheid
• samekoms

Hiponiem:
• banket
• dinee
• feesmaal
• skemerkelkie

Afgelei:
• huweliksonthaal
• onthaalplek
• onthaaltoelae
• skemeronthaal

Vertaling:
Engels: feast, function, reception
Nederlands: onthaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sierboom
Volgende onderwerp: soldy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:24:00 MGT 2024