Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hop
hop [boodskap #139402] Vr, 13 Mei 2022 19:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hop
Afbreking: hop


Werkwoord: hop
Verlede tyd: het gehop
Teenwoordige deelwoord: hoppende

Betekenis:
• Om na bo te spring.
• (finansies) Om nie uit te keer nie.

Gebruik:
Hop die bal voordat jy dit in die korf gooi.
• Jou tjek het alweer gehop!

Sinoniem:
• opspring
• opwip

Vertaling:
Engels: to hop, jump, bounce
Nederlands: hoppen


Selfstandige naamwoord: hop
Meervoud:

Gebruik:
• Die meerjarige klimplant, Humulus lupulus, waarvan die vroulike blomme gebruik word om bier te brou.

Gebruik:
Hop is verantwoordelik vir die bitter smaak van bier.

Afgelei:
• hopagtig
• hopbrood
• hopplant
• hopsmaak
• hopsuurdeeg
• hopverbouing

Vertaling:
Engels: hop, hops
Nederlands: hop

Nota:
• Die gedroogde vroulike blomme van die hopplant word soms hops (met 'n -s) genoem.
• HOP is 'n afkorting vir Heropbou- en Ontwikkelingsprogram.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sponskoek
Volgende onderwerp: huppel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 17:09:39 MGT 2024