| knuppel [boodskap #138411] |
So., 14 November 2021 10:23 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24181 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Knuppel.
knuppel
Afbreking: knup•pel
Selfstandige naamwoord: knuppel
Meervoud: knuppels
Verkleinwoord: knuppeltjie
Meervoud van verkleining: knuppeltjies
Betekenis:
• 'n Kort, dik stok, hoofsaaklik bedoel vir die toedien van lyfstraf.
Gebruik:
• Die polisie het die skare met knuppels uitmekaar gejaag.
Spreekwoord:
• 'n Knuppel in die hoenderhok gooi. ['n Opskudding veroorsaak.]
Afgelei:
• knuppelaanval
• knuppeldik
• knuppelpad
• knuppelrym
• knuppelvers
Vertaling:
Engels: baton, club, bludgeon, niblick
Nederlands: knuppel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|