Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SA na Kanada, hoe gemaak?
SA na Kanada, hoe gemaak? [boodskap #13802] Wo, 08 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Grove Erasmus[1]  is tans af-lyn  Grove Erasmus[1]
Boodskappe: 12
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
Goeienaand almal,

Imand hier wat my dalk kan help...

Ek is jonk, is 'n programmeerder by 'n plek in Midrand. My planne is om in Kanada te gaan wrk vir so jaar of twee.

Iemand hier idees van watse plek die meeste moontlikhede vir wrk het vir my?? En die stad/dorp moet sentraal wees synde ek nie van plan is om naweke tuis te wees nie...

Is dit 'n helse proses om 'n visa te kry Kanada toe???

Dankie!!
Mike Erasmus

--> Brought to you by World News (Amiga) v0.85
Re: SA na Kanada, hoe gemaak? [boodskap #13807 is 'n antwoord op boodskap #13802] Do, 09 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean[1]  is tans af-lyn  Jean[1]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek stem saam met Martin. Ek dink nie Kanada is eintlik die plek vir 'n
vinnige paar $'s nie. (Tensy jy natuurlik 'n SAP programeerder is - maar
dan is die hele wêreld in elk geval oop vir jou.) Die lewens koste hier is
taamlik hoog en die belasting (maklik 40 - 50%) maak dit nie 'n aantreklike
"computer mission " nie. Behalwe die 'gewoone' werk is hier ontwikkelings
werk wat mens nie maklik in SA sal kry nie - soos ATI, Nortel, Newbridge,
QNX ens. As jy nog belangstel, soek op die Web - dit is wat ek gedoen het.
Sabre en Ward Assoc is taamlik goed vir Toronto. Ottawa is (sover ek weet)
die 'high tech' area van Kanada. Ek sal dit wardeer as ander my reg help as
my stellings verkeerd is.

Groete

Jean

Martin wrote in message ...
>
> Kyk as jy wil geld maak met daai "computer mission " van jou is daar
> net een plek......LONDEN...
> Maar ek moet jou waarsku....as jy daar is gaan jy daar bly.
>
> bye martin
>
> REMOVE 1 BEFORE EMAIL
> Email : sp...@kimberley.co.za
>
Re: SA na Kanada, hoe gemaak? [boodskap #13808 is 'n antwoord op boodskap #13802] Do, 09 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Mike:

> Ek is jonk, is 'n programmeerder by 'n plek in Midrand.
> My planne is om in Kanada te gaan wrk vir so jaar of twee.

Hier is 'n goeie web-adres:

http://www.marskell.com/chttc.html

> En die stad/dorp moet sentraal wees synde ek nie van plan
> is om naweke tuis

Huh? Wat is "sentraal" ? Kanada is 'n baie groot plek.

Ek woon in Alberta, en ek dink dis verreweg die beste provinsie
in Kanada - beste werkgeleentheid, laagste belasting, vriendelike
mense en veel meer.

> Is dit 'n helse proses om 'n visa te kry Kanada toe???

Vind uit, en vertel ons van jou ervaring.

Hjalmar
________
Re: SA na Kanada, hoe gemaak? [boodskap #13809 is 'n antwoord op boodskap #13802] Do, 09 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Martin[2]  is tans af-lyn  Martin[2]
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Kyk as jy wil geld maak met daai "computer mission " van jou is daar
net een plek......LONDEN...
Maar ek moet jou waarsku....as jy daar is gaan jy daar bly.

bye martin

REMOVE 1 BEFORE EMAIL
Email : sp...@kimberley.co.za
Re: SA na Kanada, hoe gemaak? [boodskap #13813 is 'n antwoord op boodskap #13802] Vr, 10 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Jean" writes:
ATI, Nortel, Newbridge,
> QNX ens. As jy nog belangstel, soek op die Web - dit is wat ek gedoen het.
> Sabre en Ward Assoc is taamlik goed vir Toronto. Ottawa is (sover ek weet)
> die 'high tech' area van Kanada. Ek sal dit wardeer as ander my reg help as
> my stellings verkeerd is.
>
> Groete
>
> Jean

In Ottawa, dink ek, is dit ook
op die oomblik nie maanskyn en
rose nie. Corel is in skok, en
drie maande of so gelede het
Newbridge nie gehuur nie. Nortel
sal seker geinteresseerd wees
in die eerste plek in Kanadese
burgers. "Unemployment" is
ag en 'n half persent in Kanada
op die oomblik.

Die plek om geld te maak vir
'n jong man op die oomblik is
die VSA, met amper geen werk-
loosheid. Hulle werf werkers
op die strande gedurende die
March break. 'n Jong SA
familielid "werk met staal" in
die suidelike state van die VSA
en het glo meer geld as wat hy
weet waarmee om te doen.Hy moet
seker 'n ambag ken. Ambagsmanne
het nog altyd goed geld gemaak,
selfs in die ou dae in SA. In die
sewentigerjare het iemand wat 'n
oorsiener was by Pelindaba as
"fitter and turner" net soveel
geld gemaak as 'n vol professor
in Kanada.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Re: SSSSSSSSSSSSSSSS
Volgende onderwerp: Enige Suid Afrikaners in Spanje?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 03:24:17 MGT 2024