Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Skoonma is weg
Skoonma is weg [boodskap #127362] So, 04 Augustus 2019 19:38 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Op sy aandrang is Koos se vrou en skoonma saam met hom op 'n jagtog in die Kalahari.
Die eerste nag maak sy vrou hom paniekbevange wakker.
"Mammie is weg!"
Koos vat sy geweer en met sy vrou agterna stap hy die donker in. Nie ver van die kamp af nie gewaar hulle sy skoonma, rug teen die boom met 'n leeu wat vir haar staan en gluur.
"Ag jittetjie tog!" gil Koos se vrou.
"Wat gaan ons nou doen?"
"Niks nie!" sê Koos kalm.
"Daai leeu het homself in die gemors gekry, hy kan homself daar uitkry!"
Re: Skoonma is weg [boodskap #137340 is 'n antwoord op boodskap #127362] Sa, 24 Julie 2021 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dit reën die afgelope drie dae en al wat skoonma doen is om deur die venster te staar.
As dit so aangaan, sal ek haar seker die een of ander tyd moet laat inkom!
Re: Skoonma is weg [boodskap #137914 is 'n antwoord op boodskap #137340] Do, 09 September 2021 19:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Wat doen mens as jy jou skoonma mis?
Raak rustig, haal diep asem en skiet weer.
Re: Skoonma is weg [boodskap #138296 is 'n antwoord op boodskap #137914] Di, 26 Oktober 2021 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die een ou sê vir die ander:
"My skoonma is 'n engel!"
Die antwoord:
"Mensig, jy is gelukkig! Myne leef nog."
Re: Skoonma is weg [boodskap #138351 is 'n antwoord op boodskap #138296] Sa, 06 November 2021 08:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ons moes gister met my skoonma hospitaal toe jaag. Sy is nog steeds in intensief.
'n Groot swart perdeby het op haar voorkop kom sit.
Hy het haar gelukkig nie gesteek nie.
Ek was te vinnig met die graaf.
Re: Skoonma is weg [boodskap #138380 is 'n antwoord op boodskap #138351] Do, 11 November 2021 11:41 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die een skoonseun SMS die ander skoonseun:
"Skoonma is oorlede - moet ons veras, begrawe of balsem?"
Die ander skoonseun SMS terug:
"Moenie 'n kans vat nie - doen al 3!"
Vorige onderwerp: Koronavirus
Volgende onderwerp: Skoolgrap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:10:30 MGT 2024