Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onberispelik
onberispelik [boodskap #136785] Sa, 05 Junie 2021 14:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18892
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onberispelik
Afbreking: on•be•ris•pe•lik
Samestelling: on- + berispe + -lik


Byvoeglike naamwoord: onberispelik
Vergrotende trap: onberispeliker
Oortreffende trap: onberispelikste
Attributief: onberispelike
Partitief: onberispeliks

Betekenis:
• Waarmee gee fout gevind kan word nie (en dus ook nie berispe kan word nie).

Gebruik:
• Sy is goed gemanierd en haar gedrag is onberispelik.

Sinoniem:
• eerbaar
• foutloos
• gemanierd
• korrek
• onbesproke
• onkreukbaar
• reg
• sedelik
• silwerskoon
• smetteloos
• vlekloos
• voorbeeldig

Afgelei:
• onberispelikheid

Vertaling:
Engels: irreproachable, faultless, blameless, immaculate
Nederlands: onberispelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hittegolf
Volgende onderwerp: chauffeur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 13:40:36 MGT 2024