Tuis » Taal » Ensiklopedie » Beira
Beira [boodskap #121136] |
Fri, 23 November 2018 17:50  |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Beira is 'n hawe in Mosambiek aan die monding van die Pungwerivier, vernoem na die voormalige provinsie Beira, in Portugal. In 1892 gestig met die bou van die spoorweg na die nuwe kolonie, Suid-Rhodesië. Die terrein, feitlik 'n moddervlak, was deur koors geteister, maar die spoorweg is kort voor die einde van die eeu suksesvol voltooi. Sedertdien het Beira tot 'n belangrike seehawe ontwikkel, wat 'n groot deel van die in- en uitvoer van Zimbabwe (Rhodesië) hanteer, veral dié van die koperstreek. Dit is ook 'n gewilde vakansie-oord vir Zimbabwiërs. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 50,000 (11,000 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 03:51:21 UTC 2025
|