| eikeboom [boodskap #133373] |
So., 06 September 2020 18:55 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Eikeboom.
eikeboom
Afbreking: ei•ke•boom
Selfstandige naamwoord: eikeboom
Meervoud: eikebome
Verkleinwoord: eikeboompie
Meervoud van verkleining: eikeboompies
Betekenis:
• 'n Skaduryke, bladwisselende boom met duur hout in die genus Quercus.
Gebruik:
• Eekhorings versamel die akkers van die eikeboom wat op die grond geval het.
Sinoniem:
• akkerboom
• eik
Vertaling:
Engels: oak tree
Nederlands: eikenboom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|